Meer oor Fyn Porselein

Meer oor Fyn Porselein


‘n Ouma, ‘n ma en ‘n kleindogter neem bestek op van hul lewens. Elkeen meen dat haar lewe, soos die stand van teeblare onderin ‘n koppie, so heel anders as as die ander twee s’n verloop. Maar wie kan weet? Elke lewe, fyn soos porselein, kan so maklik breek.

RSG se nuwe oggend-boekvoorlesing, Fyn porselein deur Helena Hugo, word weekdae om 10:50 deur die aktrise Rika Sennett voorgelees.

Met diepgaande insig en ‘n sterk sin vir die ironiese verken Hugo in hierdie roman jeug en ouderdom, voorkennis en nakennis en onbegrip tussen die generasies, en laat die luisteraar met verwonderde ontroering. Uit die heel gewoonste gegewe verkyn sy met Fyn porselein ‘n vraagstuk so oud soos die mensdom: Kan ‘n ander mens – selfs dié naaste aan jou – ooit ten volle geken word?

Rooi Rose het die boek as volg geloof: “Uitendelik! ‘n Leesbare stadsroman!”

Bibi Burger het op Litnet gesê die boek sal spreek tot mense wat Die uurwerk kantel geniet het. En geskryf: “Die fokus op die visuele, op styl en modes en omgewings herinner aan iets soos die TV-reeks Fees van die ongenooides.

Helena Hugo

Helena Hugo

Hugo was onder andere aktrise, dramadosent en uitgewer en regisseer al sedert 1978 radiodramas en vervolgverhale vir die radio. Sy skryf deesdae voltyds vir verskeie uitgewers met meer as vyftig boeke wat reeds uit haar pen verskyn het. Van haar topverkopers sluit in Marta en Ter wille van Talita.

Helena is getroud met Henk Hugo en woon in Roodepoort.

Luister na ‘n uittreksel uit ‘n voorlesing deur Rika Sennet:

 

 

 

Kategorieë