Nuwe Harry Potter boek oppad


Harry Potter-skrywer JK Rowling het  pasbekend gemaak dat ‘n nuwe Harry Potter boek oppad is en op 31 Julie – op JK Rowling se 50e verjaarsdag en ‘n dag nadat die toneelstuk in Londen open – gepubliseer gaan word. Die boek sal heet Harry Potter and the Cursed Child Parts I & II en vertel die towenaar se storie 19 jaar na die finale storie in die reeks.

harry-potter-sequel-cursed-childIn die nuwe boek is Harry die pa, en sy seun stoei met sy eie donker kant.

In die sewende boek in die reeks, lees ons in die epiloog van “Harry Potter and the Deathly Hallows” hoe Harry sy kinders afsien op Platform Nege en ‘n Driekwart, 19 jaar na die geveg om Hogwarts.

“Harry Potter and the Cursed Child” se storielyn gaan voort van dié toneel. Harry Potter is nou vader van drie en hy werk by die Ministry of Magic. Maar beide Harry en sy seun Albus voer ‘n innerlike stryd met die familie-nalatenskap en hul innerlike demone.

Lees meer oor die nuwe Harry Potter Boek.

Besoek ook die webblad Pottermore.com

Kategorieë