Nuwe vervolgverhaal: Laat vrugte deur CM van den Heever


Ons nuwe middagvervolgverhaal is Laat vrugte deur CM van den Heever.

Oggend op RSG: Dinsdag 29 Mei 2018

Regisseur Eben Cruywagen en akteurs Roeline Daneel en Leon Kruger vertel vir Martelize Brink van die nuwe RSG-vervolgverhaal, LAAT VRUGTE deur CM van den Heever.

Luister hier na die eerste 3 episodes

Episode 1: Dinsdag 29 Mei 2018

Ontmoet die inwoners van die plaas Boskloof: Die geharde pa, Sybrand; sy gebroke vrou, Betta; hulle twintigjare seun, Henning; en die skaapwagter en vertroueling, Jannewarie. Daar heers groot opwinding want ’n wilde vosperd moet ingebreek word. Die gebeure lei tot groot onmin in die reeds gespanne huishouding.

Episode 2: Woensdag 30 Mei 2018

Sybrand neem Jannewarie in sy vertroue oor ’n paar sake rakende die plaasopset. Henning lug sy frustrasie teenoor sy ma oor die neerdrukkende atmosfeer in die huis.

Episode 3: Donderdag 31 Mei 2018

Na aandete is Henning in sy kamer besig om na ’n foto van Johanna, sy droommeisie van die buurplaas, Langvlei, te kyk voor hy aan die slaap raak en van haar droom. Hy word egter ru wakkergemaak, en die gebeure wat daarop volg, lei tot die begin van ’n onafwendbare afwaartse spiraal in sy verhouding met sy hardvogtige vader.