Oggend- en Aandgedagtes nou as Bybeldagboek beskikbaar


Die beste van RSG se Oggend- en Aandgedagtes se bemoedigende boodskappe is nou as Bybeldagboek in boekvorm beskikbaar as God se beste vir my.

Stasiebestuurder Magdaleen Kruger skryf:
Oggendgedagte, Aangedagte, Bepeinsing, Oordenking – dit maak nie saak wat die gereelde daaglikse geestelike boodskappe op RSG genoem word nie, dit bly deur al die jare steeds gewild by baie luisteraars. Ek het al as stasiebestuurder besef dat hierdie kort geestelike boodskappe vir baie luisteraars oneindig baie beteken. Ek het dus ook al geleer om nie daarmee te torring nie.

Oor al die jare is daar al baie pastore, predikante, priesters, geestelikes, beraders, predikers en akademici wat troostende, bemoedigende en sommer net opbeurende mooi geestelike boodskappe oor RSG gegee het. Ons weet ook van luisteraars vir wie spesifieke boodskappe ‘n positiewe ommekeer in hulle omstandighede gebring het.

Van daardie boodskappe is nou in boekvorm saamgevat en word uitgegee deur Carpe Diem in samewerking met RSG. Gaan soek gerus hiervoor by ‘n boekwinkel of gaan na www.voelgoedwinkel.co.za om te bestel.

Die boek is saamgestel uit die beste Oggend- en Aandgedagtes van die afgelope paar jaar. Van die bydraes wat uit die RSG programme saamgestel is, sluit bekendes soos Riekert Botha, dr Isak Burger en Lieze Krause-Wiid in.

Riekert Botha

Riekert Botha

Lieze Krause-Wiid

Lieze Krause-Wiid

Annalie Steenkamp-Nel

Annalie Steenkamp-Nel

Luister hier na een van die Aangedagtes: