Geluk aan die wenners van ‘Rand en Sent’, die boek


Geluk aan die vier RSG-luisteraars wie elk ‘n boek gewen het!

Die wenners is:

1.  Marinda Liebenberg
2.  Dottie Bosch
3.  Susan Scholtz
4.  Wilmie Naudé

Meer oor die boek

Goeie nuus hier van RSG se kant af….van die waardevolle inhoud en wenke oor persoonlike finansies wat RSG oor die jare vir jou in ons program Rand & Sent aangebied het, word nou in boekvorm uitgegee. Rand & Sent, uitgegee deur Penguin, is nou beskikbaar in alle goeie boekwinkels, en as e-boek.

Alles wat jy moet weet oor bv huiskoop, testamente, polisse en hoe om ’n begroting op te stel – en te laat klop! – sal jy in dié boek vind.

As jy vrae het oor hoe om uit die skuld te kom, oor versekering, die goeie en slegte kant van krediet of hoe jy kan begin spaar en verantwoordelikheid vir jou geldsake neem, is die RSG-boek Rand & Sent noodsaaklike leesstof vir jou.

RSG se Suzaan Steyn, aanbieder van die program Rand en Sent op RSG, het die gewildste stories vir jou uitgesoek en Penguin gee die boek uit.

In die video vertel Suzaan meer oor die boek:

Kyk hier na die inhoudsopgawe van Rand en Sent