Dan Sleigh se veerligte roman op RSG voorgelees


wals met matilda‘n Boek met “attitude”. Dít is hoe die resensent Joan Hambidge die bekroonde roman, Wals met Matilda, beskryf het.

Dan Sleigh se Wals met Matilda was die wenner van die Sanlam se Groot Romanwedstryd en het ook in 2012 die W.A. Hofmeyr-prys ontvang en word van Donderdag 18 Augustus elke weekaand om 19:20 op RSG voorgelees. Die veteraan-akteur Johann Nel is die voorleser.dan sleigh

Volgens die flapteks is Wals met Matilda ‘n “enorme verrassing: eietyds, aktueel en ‘n stormagtige, uitdagende verhaal waarvan elke sin getuig van die insig en kreatiwiteit van ‘n beleë skrywerskap”.

Hambidge skryf verder: “Teenoor die bakens en dikwels lang, uitgesponne historiese romans soos Eilande en Afstande, is hierdie roman (Wals met Matilda) veerlig sonder om oppervlakkig te wees.”

Die storie
Die see. ‘n Woonstel. Op die balkon ‘n skrywer. Die skrywer kyk af na die blou buitelyn van ‘n man wat hom op die plaveisel onder hom doodgeval het, dwing dan sy blik weg en kyk ver oor die flikkerende vroemôresee. Dit is vir hom asof ‘n vreemder wordende wêreld die woonstel teen die see vasdruk tot dit ‘n eiland word.

Die skrywer wag op ‘n besoeker. Hy weet sy is gestuur. Sy uitgewery het lank genoeg gepleit om ‘n nuwe werk uit die pen wat voorheen die kasregisters laat klingel het. Sy is hul troefkaart.

Die vrou waai soos ‘n stormsterk suidooster by die woonstel in.

Die skrywer gooi wal, hy skerm, hy vlug… maar kom stelselmatig agter sy enigste verweer is ‘n verhaal. Hy vertel wat dit is wat die donker kolk in hom uitgeruk het, en al vertellende herleef in hom ‘n ander verhaal, die verhaal van ‘n jong man se ontdekking van die groot, groot onbekende.

Al vertellende word die verstokte skrywer se skermutseling ‘n dans. Uiteindelik wals hy weer met die muse, en dit is noodwendig die lewe-dood-dans, die dans van die menslike bestaan.

Meer oor die skrywer
dan-sleigh-michael-hammond-2Sleigh is op 3 November 1938 op die plaas Geelbeksfontein aan die Langebaan-strandmeer aan die Kaapse weskus gebore. Hy debuteer in 1971 met die digbundel, Duif oor water.

Kategorieë