RSG en JJ se nuwe tuingids is op die rak


RSG Tuingids FRONT COVER

Só lyk die omslag van RSG en tuinboukindige JJ van Rensburg se splinternuwe tuingids Elke seisoen is jou beste seisoen.

Elke seisoen is jou beste seisoen is ’n volkleur praktiese gids oor hoe om jou tuin heeljaar op sy beste te laat vertoon. Al die noodsaaklike tuintake, vaardighede en tegnieke word saamgevat in een boek.
• Die seisoen-tot-seisoen benadering van die boek maak dit maklik vir alle tuiniers om die nodige 
take in die tuin te verrig soos en wanneer dit nodig is.
• Elke seisoen se tuintake vir eenjariges, meerjariges en bolplante, struike, bome en rankplante, 
die grasperk, binnenshuise plante en potplante word bespreek.
• Basiese, maar tog belangrike tuintake en vaardighede, word stap-vir-stap in inligting-kassies 
bespreek: soos rose snoei, kunsmistoediening, saai van saad en meer.
• Grondvoorbereiding, water gee en voeding van die tuin is van kardinale belang en word kortliks 
en op ’n eenvoudige wyse verduidelik sodat enigeen die raad kan volg.
• ’n Geïllustreerde gids tot die algemene peste en siektes en behandeling daarvan.
• Pragfoto’s van seisoene se ‘trefferplante’ oor ’n dubbelblad – nie net vir inspirasie nie – ook vir 
vooraf beplanning vir kleur in die tuin, reg deur die jaar.
• ’n Algemene tuinplantlys agter in die boek bevat hope inligting, in die vorm van simbole, oor die 
vereistes en gebruike van die meer as 300 plante vermeld in die boek.
• Die skoon, lesersvriendelike uitleg en pragtige kleurfoto’s en illustrasies maak die boek ’n plesier 
om te lees en te gebruik. 
Meer oor die skrywer: JJ van Rensburg is ’n gerekende tuinboukundige met twintig jaar ervaring in die groen bedryf by Garden World, en is veral bekend vir sy radio- en televisieoptredes en bydraes tot die tuinbou-rubrieke van verskeie tydskrifte. In die Groenvingers-insetsel van die immersgewilde program Brêkfis met Derrich Saterdagoggende op RSG gesels JJ tuinsake met Derrich Gardner al vir sewe jaar lank, en beantwoord hy ook luisteraars landswyd se kwelvrae oor tuinprobleme. Baie van die raad en wenke in hierdie boek spruit uit hierdie gewilde radioprogram. Met dié boek deel hy sy passie en bewys hy tuinmaak is nie so moeilik en ingewikkeld nie. Hierdie boek is in samewerking met Tinus Oberholzer geskryf.
Briza Publications PO Box 11050, Queenswood, 0121, South Africa • Tel: +27 (12) 329-3896 • Fax: +27 (12) 329-4525 E-mail: books@briza.co.za • Website: www.briza.co.za • Bookshop: 121 Soutpansberg Road, Riviera, Pretoria, RSA

Luister hier na een van JJ van Rensburg se gereelde bydraes op BRêKFIS MET DERRICH.

Kategorieë