Vakansie leesstof


 Die vakansie is op ons en hier is uiteindelik die kans om letterlik jou tande in te slaan in ‘n paar boeke wat hierdie jaar uitgestyg het. Plaaslik is daar Eben Venter se roman Wolf Wolf, Bill Nasson en Albert Grundling se niefiksiewerk Die oorlog kom huis toe, en Zirk van den Berg se roman ’n Ander mens as die mees filmiese roman, aangewys as die wenners van die 2014 kykNET Rapport Boekpryse.

Luister wat die skrywers self van hul boeke in SKRYWERS EN BOEKE. Dié program word Woensdae om 21:00 tot 22:00 aangebied deur Ilse Salzwedel. Onthou dus om regdeur die jaar in te skakel vir Skrywers en Boeke met Ilse Salzwedel.

gesels Eben Venter oor Wolf Wolf.

Zirk van den Berg gesels oor ‘n Ander mens.

Die Sunday Times se Alan Paton toekenning het gegaan aan Max du Preez se boek, A Rumour of Spring: South Africa after 20 Years of Democracy vir niefiksie, terwyl debuutskrywer Claire Robertson se roman The Spiral House, aangewys is as die beste roman. Op die poësiefront is die bundel Kaar, deur Marlene van Niekerk, bekroon met die Elisabeth Eybers-prys vir digkuns. Sy het ook die Hertzogprys vir poësie daarmee verower.

Luister hoe Marlene self van haar gedigte uit Kaar voorlees.

Ander boeke wat uitgestaan het in 2014, is Valsrivier van Dominique Botha, wenner van die Eugène Maraisprys sowel as die Universiteit van Johannesburg-prys.

Luister wat Dominique oor haar boek te vertelle het.

By die ATKV-toekennings is Chris Karsten se roman, ‘n Man van min belang bekroon as beste roman en Driehoek van Sophia Kapp as die beste liefdesroman. Nathan Trantraal se ontroerende digbundel Chokers en survivors het die prys vir poësie verower. Deon Meyer het nogeens met Kobra die prys vir beste spanningsroman gewen.

Luister na die bespreking van ‘n Man van min belang in SKRYWERS EN BOEKE.
Chris Karsten se  Die Respektabele Mnr. Hartslief is ook aan te beveel. Luister na die bespreking van die boek.

Vir jonger mense

Vir die jonger garde het Jaco Jacobs ‘n ATKV-prys gewen met twee selfleesboeke, Professor Fungus en die skikwekkende Snotzille, sowel as Stalmaats: Rivierperde. Ook in die selflees-kategorie was daar Fanie Viljoen se wenboek Spring en Eldridge Jansen s’n, Gerook.

Nog boekelyste

Smaak verskil natuurlik so afhangende van jou voorkeure is hier ‘n paar aanbevelings. Vir plaaslike lekkerlees kan jy gerus kyk na die Kalahari-lys. Internasionaal is meeste lyste aanvegbaar, maar lesers moet toegee dat Amazon ‘n ding of twee weet van goeie boeke. Dan is daar die gewone lyste van die New York Times, Goodreads en die Telegraph.

Wetenskapboeke

As fiksie net nie jou ding is nie, kan jy gerus kyk na hierdie lys van aanbevole wetenskap titels. Van hierdie boeke is verbasend toeganklik en nodeloos om te noem, verrykend.

Kategorieë