Hartebreker nou 3 dae per week


Spits jou ore van 1 April af vir Hartebreker

RSG se kitsvervolgverhaal Hartebreker word van April 2018 af Maandag, Woensdae en Vrydae uitgesaai op die dieselfde tyd soos tans.

Die spanning bereik nou breekpunt, laat weet die skrywer en regisseur Leon van Nierop.

Die geheimsinnige swerwer Abel (Pietie Beyers) het Nadia, die bibliotekaresse (Rolanda Marais) gevra om te trou en sy het ja gesê. ‘n Troudatum is bepaal. Almal in die dorp, insluitende haar voormalige kêrel, die vyeboer Sebastiaan Vermeulen, (Charlie Bouguenon) waarsku dat haar troue met die verkeerde man dalk tot haar dood kan lei. Maar Nadia stoom voort.

Van links regs is Pietie Beyers, Rolanda Marais en Charlie Bouguenon.

Intussen is die dorp se enigste gimnasium op die rand van bankrotskap, Beverly (Cindy Swanepoel), assistent in die biblioteek, gaan binnekort kraam, maar daar is komplikasies, en Colette (Henriëtta Gryffenberg) staar opstand in die gesig wanneer sy agterkom om burgemeester te wees is nie so maklik nie.

En Kardoesie (Solomon Cupido) gaan nie vir Shoki (Mari Molefe van Heerden) so maklik toelaat om met (volgens hom) die verkeerde man Alwyn (Duncan Johnson) te trou nie.

Vanaf 1 April, drie dae per week, Maandag, Woensdag en Vrydag om 10 voor 10, bars Hartebreker heeltemal uit sy nate in ‘n hernude aanslag op luisteraars se aandag. En harte.