Wenner van ons ATKV Wêreldboekedag veldtog


Die ATKV is passievol oor boeke en lees. Geluk aan Marion Gordon, wenner van ons ATKV Wêreldboekedag veldtog. Sy wen boeke ter waarde van R1 000 van LAPA Uitgewers en ’n ATKV-lidmaatskap vir ’n jaar ter waarde van R948 te wen.

Die ATKV het verskeie projekte wat daarop fokus om ‘n liefde vir lees onder jonk en oud te kweek.

Doen ook saam met die ATKV jou deel om lees te bevorder deur die VVA se boektrommelprojek,  te ondersteun.

Die ATKV bekroon jaarliks die bestes in die boekwêreld met die ATKV-Woordveertjies.

Jy kan ook deel word van die ATKV se storie, deur vandag nog aan te sluit.