Ons 3e golf dalk al verby, 4e golf minstens 4 weke weg


Eers as die bal van die volgende golf die kolf tref, kan data-ontleders voorspel of dit ‘n reusagtige ses gaan wees of nie. En tans wil dit lyk of die volgende bal (golf) net ‘n enkellopie gaan oplewer.

Ontleders kan nie op grond van die derde Covid-golf in Europa voorspel wanneer die volgende golf Suid-Afrika sal tref nie. Maar dit lyk of die volgende golf (groot of klein) minstens 4 weke in die toekoms lê.

Marí Hudson gesels met Dr Piet Streicher, ingenieur en data-analis oor moontlike scenarios.

Luister na die volledige program:

Enkele belangrike punte

  • ‘n Volgende (*eintlik vierde) golf gaan SA beslis tref.
  • Dis nog nie moontlik om die tyd en grootte en erns van die derde golf te voorspel nie. Ons kan ook nie voorspel wat in SA gaan gebeur op grond van wat tans in Europa gebeur nie.
  • Europa is nou in hul 3e golf, en SA se tweede golf was vermoedelik reeds ons 2e en 3e golf gelyktydig.
  • Maar daar is volgens analise van data geen aanduiding dat die derde (eintlik 4e een) golf ons binne die volgende 4 weke gaan tref nie, tensy iets vreemds gebeur.
  • Die waarskynlikheid dat ons 4e golf eerder kleiner sal wees as die 2 + 3, is groter as dat hy groter gaan wees.
  • Die variante maak die voorspellings moeiliker.
  • Die 2e golf was 2 keer groter as eerste en het vroeër gekom as verwag, omdat die virus aansteekliker as voorheen was.
    Dit is op die oomblik onwaarskynlik dat die virus meer aansteeklik en dodeliker sal raak om dus ‘n groter vierde golf te veroorsaak. Daar is al meer as 3000 verskillende variante in die wêreld, en die meeste is minder aansteeklik.
  • Immuniteitsvlakke in ons land is baie hoog: meer as 50% in SA het al teenliggame. In Oos-Kaap het eintlik al 3 miljoen mense Covid-blootstelling gehad – 15 maal meer as bevestigde gevalle! Dit bring beskerming in die gemeenskap in die toekoms. Aantal positiewe toetse in Oos-Kaap is tans slegs 1.1% postief. Na die eerste golf het tussen 10% en 46% teenliggame ontwikkel, maar na die 2 + 3 golf het tussen 14 – 20% in sekere gemeenskappe en tot  71% in ander gemeenskappe ( gemid bo 50%)  reeds teenliggame ontwikkel, en beweeg sekere gemeenskappe reeds nader aan kudde-immuniteit. Voorts het mense wat weens die variant siek geword het, sterk teenliggame wat selfs teen ander variante beskerm.
  • In toekoms is Oos-Kaap beter af.
  • Net 1% van mense wat in eerste golf siek geword het, het weer siek geword. Die kans dat mense wat in golf 2+3 siek geword het en teenliggame teen die variant het, weer siek kan word, is uiters skraal.
  • Inperkings: As jy die eerste kurwe afdruk, word 2e golf groter, en as jy tweede golf probeer platdruk, word die derde golf groter. Jy kan sulke stappe net regverdig as jou entstof baie goed werk en jy dien die vaksien vinnig toe.
  • Verdere inperkings op vlak 4 en 5 is nie geregverdig nie
  • Sporadiese opvalmming is tans van korte duur op platteland – die virus sukkel om bo vlak van 1.0 te gaan.
  • Ons sal weet van ons *vierde golf, sodra opvlamming in ‘n area 7 dae in ry toeneem, en dit kring konsentries uit en R-waarde styg bo  1.0, en dan eers kan mens voorspel hoe hoe groot die golf gaan wees.
  • In VSA: 50 state en elke staat het ander inperkings en elke staat ander syfers; in VSA is daar geen korrelasie tussen inperkings en die syfers nie.
  • Die Praktyk om mense toe te sluit in hul huise het geen voordeel nie. Hoogs onwaarskynlik dat om mense in vlak 4 en 5 in huise toe te sluit, ooit regverdigbaar is. Persoonlike maatreëls is wel aan te beveel.
  • Hele Asië het ligter afgekom as ander lande, maar lande soos Suid-Amerika (al het hy jonger bevoking) en Europa is hard getref.

Hier is die belangrike skakels: