Diere se skreeusnaakse reaksies wanneer hulle hulself in spieëls sien.


‘n Franse fotograaf het ‘n spieël in die oerwoude van Gabon geplaas om diere se reaksies af te neem wanneer hulle hulself sien. Die resultate is kostelik. Grom en storm is die mees algemene reaksie en die sjimpansees sit net en kyk vir hulself en terwyl een sy armholte krap.  Realiteits-TV op sy beste.