Duiwe is slimmer as wat jy dink


Is jy ook een van daardie mense wat dink ‘n duif is maar net ‘n duif ? En ‘n duiweboer ‘n mens soos ek en jy? Gaan praat dan met die 71-jarige Gert Nell, duiweboer van Uitenhage en die Suid-Afrikaanse Posduif-organisasie se 2016 skoukampioen en jy sal gou anders dink, sê Mariska Spoormaker nadat sy met Nell gaan praat en gehoor het wedvlugduiwe is onder meer baie, baie slim wesens.

Die 71-jarige Nell is is ook die 2016 skoukampioen van die Suid-Afrikaanse Posduiforganisasie.

Luister na die gesprek:

Praat net met ‘n duiweboer soos Gert Nell en nooit weer sal jy dink ‘n duif is net ‘n duif nie, o nee, dis n onpeilbare slim wese wat op ‘n hoër vlak as telepatie met sy baas kommunikeer

Clayton van der Westhuizen (links) gaan drink nog gereeld moerkoffie by Gert Nell (71) om raad te kry by dié kampioen wedvlug-duiweboer. Altwee is al jare lange lede van die Uitenhage Posduifvereniging, ook bekend as Uitenhage Homing Society. Hulle staan hier by Nell se duiwehokke.

Gert Nell, 2016 se skoukampioen van die Nasionale Posduiforganisasie hier by sy vrou Orgia wat nie net ‘n kranige langafstandhardloper is nie, maar net so ‘n passievolle duiweboer as haar man is.

 

Categories