Kyk: Groot krokodil op gholfbaan


Dit gons behoorlik op die sosiale media netwerke nadat ‘n potjie gholf ontaard het in die verfilming van ‘n reusagtige krokodil.
Die krokodil het sy opwagting gemaak op die Buffalo Creek gholfbaan in Florida in die Verenigde State van Amerika. Ooggetuies skat hy is minstens 4,5 meter lank en het daarom aanvanklik gedink hulle word ‘n poets gebak en dat dit ‘n fop-krokodil is. Groot was hulle verbasing toe hulle besef dit is ‘n regte krokodil wat glo al vir jare in die gholfbaan se poele bly.
Hier is die video: