Hoekom gebruik Ford volstruisvere?


Wel, slaan my om met ‘n kanarieveer.

Een van die wêreld se gevorderdste fabrieke is dié van motorvervaardiger Ford in Valencia, Spanje. In hierdie hoogs-tegnologiese aanleg, vol robotte en ingenieurs genaamd Pablo, word nederige volstruisvere gebruik om die motors te politoer. Dit maak sin, want seker die mees algemene gebruik van vere, behalwe vir Lady Gaga-kostuums, is om af te stof in die huis.

Kyk hier hoe dit gedoen word.

Die volstruise van Oudtshoorn mag trots wees — hulle het as’t ware moderne tegnologie uitgestof.