Atlantis verlore, gevind


Martelize Brink het in dié dokumentêre reeks met ‘n handvol besondere vroue van Atlantis gesels.

Deel1, Donderdag 8 Februarie 2018

Francis Brown vertel van haar weggooi begin in die wêreld, haar gesinslewe van bakboord na stuurboord, en uiteindelik haar roeping as gemeenskapsleier in Atlantis.

Caroline Scheepers, Francis Brown en Jacqueline Krus van Atlantis

Francis Brown

Deel2, Donderdag 15 Februarie 2018

Christine Lewis was die eerste lid van haar familie wat gaan studeer het. Sy het sedert haar kinderdae ‘n roeping gehad om haar gemeenskap te dien.

Deel 3, Donderdag 22 Februarie 2018

Rachel Watson vertel van die verskeie maatskaplike struikelblokke wat in haar pad tot geleerdheid gestaan het.

Deel 4, Donderdag 1 Maart 2018

Sy staan bekend as die groenvingers van Atlantis. Mary Tenggren het in weerwil van ‘n fabrieksongeluk, voortgegaan om die vreugde van die natuur met haar gemeenskap te deel. Dié blommekind se groenvingers loop sterk in die bloed.

Deel 5, Donderdag 8 Maart 2018

Dankie is betaling genoeg vir die bekende gemeenskapswerker in Atlantis, Chrissie Cloete. Sy vertel hoe sy die sogenaamde skollies se vertroue wen, en hulle oorreed om hulle lewe om te keer.

Deel 6, Donderdag 15 Maart 2018

Lenie Maya se ervaring van verwerping as kind, het gelei tot haar empatie vir mense met MIV/VIGS wat deur die samelewing verwerp word. Sy vertel hoe sy menswaardigheid wil gee aan MIV/VIGS-lyers.

Deel 7, Donderdag 22 Maart 2018

Mary-Ann Cedras kies om in haar gemeenskap te bly en te werk, ten spyte daarvan dat sy met haar ervaring en kwalifikasies ‘n top korporatiewe pos kan losslaan. Sy vertel van haar finansiële bestuursontwikkelling en hoekom sy ‘n passie het vir haar werk by die Orion-organisasie vir gestremdes.