Luister: Die blom van Hanoverpark


Midde ‘n bende-gesteisterde gebied is daar hoop in die vorm van Laerskool Blomvlei in Hanover Park.

Die skool en skoolhoof is onlangs vereer vir uitmuntendheid in laerskool leierskap en gee ook erkenning aan die belangrike rol van grootouers in die lewens van hul leerders met Ouma en Oupa waarderings-dag.

Geen wapens! Ernstige veiligheidshekke.

Die skool moes onlangs ‘n koeëlwerende heining om die skool laat aanbring. Ten spyte van die veiligheidsmaatreels en suksesse moes die skoliere steeds verskeie mede-leerders aan die dood afstaan weens bende-geweld.

Martelize Brink het die skool besoek en met die skoolhoof, Dawn Petersen, onderwysers, gemeenskapslede en skoliere gesels oor hul sukses ten spyte van die onveilige omstandighede en traumatiese gebeure.

Onderwyser by Blomvlei Primêr Debbie Rinquest.

Pastoor Arthur Johnson van Hanover Park.

Leerders Imaan Thomas (Gr 7), Imrah Abrahams (Gr 3) en Ranaa Bailey (Gr 5).

Die voorsitter van Blomvlei Primêr se bestuurliggaam, Viceul von Meyer.