Die Mense van Tarka


‘n Dokumentêre program deur Haidee Muller

Tarka het tot stand gekom so rondom 1898 as ‘n woonplek buite die Mosselbaai dorpsgebied vir mense wat vanaf ander plekke en plase hulle kom vestig het rondom die hawe en die visbedryf. As gevolg van die hawe is in- en uitvoere en verskepings van en na die binneland hier gedoen. Uiteraard kon hulle nie eiendom in die dorp as sulks verkry nie, maar kon teenaan die kloof met sy lopende fonteine water vir hulle kom vestig en hiervandaan vir hulle ‘n lewe uitkap. Hoofsaaklik vissermanne en werkers in die verwante bedrywe het hulle hier vanaf 1898 kom vestig . Dit was eers volgens die geskiedenis bekend as New Rush. En het later handig te pas gekom vir die destydse rasgebaseerde Groepsgebiedewet om mense wat nog in die dorp woonagtig was nie, ook uit te skuif.

Luister na die program.

Onderhoude is gevoer met:

  • Oom Abie Daniels, saksofoonspeler van Bay Jazz Band en kenner van Tarka se geskiedenis;
  • Jeremy Van Wyk, kenner van die kultuurgeskiedenis van Mosselbaai;
  • James Malgas, gemeenskapsmens en kunstenaar;
  • Terry Olkers, gemeenskapsmens, musikant en rugbyklub-voorsitter;
  • Ant Miesie Petersen, gemeenskapsmens;
  • Ant Sylvia Cordom, vakbond-organiseerder en gemeenskapsmens;
  • Suster Catherine Bhana,  gemeenskaps-verpleegsuster
  • Lenise Hendricks, Oud-onderwyseres, skole-inspektrise, impressario en talentontwikkelaar en gemeenskapsleier.
Dis bloot net die bordjie wat wys dat Tarka in Mosselbaai is.

Dis bloot net die bordjie wat wys dat Tarka in Mosselbaai is.

20151117_161556

Terry Olkers, gemeenskapsmens, musikant en rugbyklub–voorsitter. Tarka het die pragtigste uitsig oor Mosselbaai se see.

Terry saam met Ant Miesie Petersen, gemeenskapsmens en Tarka-inwoner en Oom Abie Daniels, saksofoon speler van Bay Jazz Band

Terry saam met Ant Miesie Petersen, gemeenskapsmens en Tarka-inwoner en Oom Abie Daniels, saksofoon speler van Bay Jazz Band

Jeremy Van Wyk, kenner van Mosselbaai se kultuurgeskiedenis

Jeremy Van Wyk, kenner van Mosselbaai se kultuurgeskiedenis

Klik hier vir meer inligting oor ons dokumentêre seisoen.