Luister vanaand: Mama Soweto


Estelle Bester staan in die gimnasium by die YMCA in Soweto, waar Nelson Mandela boks geoefen het.

Estelle Bester het in April haar 80ste verjaarsdag gevier. Sy het as jong vrou in die middel 80s aansoek gedoen vir die pos Direkteur Behuising, na die voormalige direkteur se huis gebom is. As wit Afrikaanse vrou het familie en vriende nie gedink dat dit wys is nie.

Daar het Estelle ‘n soort liefdesverhouding met die township ontwikkel wat die res van haar lewe sal beïnvloed.

Ná haar aftrede wou sy nie Soweto groet nie en bekwaam haar as toergids.  Tot vandag toe nog, al kan sy nie meer self bestuur nie, neem sy toeruste na die township wat haar so na aan die hart lê.

Maar dis nie net sy wat lief is vir Soweto nie. Die mense, jonk en oud ken haar goed, het baie stories om te vertel en sien haar as “die moeder van Soweto wat toerisme betref”. Estelle kan vlot Sesotho praat en sien dit as ‘n seening van die Here wat haar al baie gehelp het in haar lewe.

Christelle van Tonder stap saam met Estelle Bester deur die strate van Soweto en hoor hoe ‘n jong meisie van Bloemfontein haarself in Soweto bevind het.

Ken jy Soweto? Ons neem jou op ‘n vinnige toer…

Soweto lê suidwes van Johannesburg se middestad en is afgelei uit SOuth WEstern TOwnships.

Die verskillende buurte in Soweto.

Soweto uit die lug.

Die Soweto torings is kleurvol getooi.

Die omgewing rondom die Soweto torings.

Jy kan Soweto per fiets verken.

‘n Voorbeeld van die kleurvolle straatkuns in Soweto.

Soweto straatkuns

Winnie Madikizela-Mandela is ook in van die straatkuns ingesluit.

Die ou Salvation Army Opleidingskollege in Soweto.

Pres Nelson Mandela se destydse huis in Vilakazi straat in Soweto. Dis nou die Nelson Mandela Huis Museum.

Een van Soweto se ‘shanty towns’.

Geboude huisies in Soweto.

Diepkloof in Soweto spog met mooi, groter huise.

Huise in die gegoede deel van Soweto, verskil nie van huise in ander goeie buurte in Gauteng nie.

Die bekende Orlando stadion.

Soweto golfbaan

Die moderne Maponya Mall in Soweto

Die Maponya Mall in Soweto

Chris Hani Baragwanath Hospitaal