Luister weer: Een dag op ‘n slag


Dié dokumentêr kyk hoe mens die pad vir ‘n geliefde wat swaar dra aan kanker, kan ligter maak. Esté Gross ondersoek ook hoe kanker die pasiënt, familie en vriende emosioneel raak.
Volgens die 2014 Kankerregister is daar meer as honderd-duisend mense in SA wat jaarliks met kanker gediagnoseer word. Die kans is dus goed dat jý dalk iemand ken wat kanker het.

Dit is of ‘n familielid, jou vriend of vriendin of selfs ’n kollega wat nou die pad stap. Waardeur gaan jou geliefdes en hoe kan jy vir iemand die pad ligter maak?En hoe kan jy die pad vir iemand ligter maak….?

Luister Donderdag 27 September om 20:00 na EEN DAG OP N SLAG ‘n dokumentêr saamgestel deur Esté Gross.

Esté gesels onder meer met twee gaste wat hulle stories deel.

Haar gaste is:
– Johanna Francis. Sy is drie keer met kanker gediagnoseer maar het die stryd oorwin.
– Marika van Heerden. Sy is onlangs gediagnoseer met kanker en is besig om  behandeling te ontvang en die stryd te voer.
Hier is ‘n voorsmakie van wat op jou wag:

Johanna Francis skryf:

“Op 1 September 1999 is ek gesê ‘’Jy het bors kanker .Terugblik 19 jaar gelede. Daar was baie onsekerheid oor volkome genesing.Ek kan bevestig my eggenoot is tot vandag toe my steunpilaar .Hy praat nie baie nie, want hy is die tipe mens wat die daad by die woord voeg.

Kanker kon nie my geluk en vrede vernietig nie, want my onmiddelike familie, my  eggenoot en kinders het my gehelp om te veg. Kanker is soos ’n jakkals wat jou altyd wil bekruip.

Ek het baie gehuil terwyl die kinders by die skool was ,maar ek was altyd bemoedig as hulle van die skool teurgkom .Hulle lewenslustigheid was my motivering. Hulle het my laat lag,ek was nie verskoon nie .Ek het ook deurgeloop as daar geterg was.

My skouers het gesak, my vorm het verander.Ek lyk op die oog af heel normaal, maar ek sien myself in die spieël, die misvorming. Ek weet ten minste dat die misvormde liggaam ‘n gesonde siel huisves.

Die jakkals het gekom in 2016 en die ander bors het ook in die slag gebly.

‘n Oorwinnaar is ek .Die kennis wat ek oor die jare opgebou het stel my instaat om ’n boodskap van hoop aan ander  vroue te gee. Dit wat ons nie ken nie, maak ons vreesbevange maar die borskanker het my lewensuitkyk verander.

Elke mens wat my pad kruis is spesiaal, en ek wil seker maak dat almal weet dat daar hoop is na ‘n kanker diagnose. Ek behoort aan die drievoudige negatief borskankergroep.”

 

Marika van Heerden