Dokumentêr: Die droom rol voort


DIE DROOM ROL VOORT – Rohan Vos se 30 jaar op die spoor.

Uitsaaidatum: Donderdag, 24 Maart om 20h00

Rohan Vos bedryf een van die 25 luuksste treine ter wereld. Sy eerste kennismaking met die treinbedryf was destyds op Witbank waar hy 15 kleinsake-ondernemings bedryf het.
In 1986 nooi ‘n vriend hom na die Stoombewaringsvereniging waar die treingogga hom byt. Berlyn in Duitsland was in die laat 1980’s nie ‘n vriendelike omgewing om SA te bemark nie. Teen 1993 speel hy bankrot en moes van vooraf begin. 30 Jaar later het hy deur dik en dun die toerismebedryf baasgeraak, maar ook ‘n deel van Capital Park gekoop: ‘n werkende stoomtreinstasie met ‘n uithaler museum.

Luister hier na die program.

Van ‘n karige 22 personeellede tot 360 mense waarvan die meeste werkloos was. Van ‘n nagwag tot treinbestuurder. Van ‘n kelnerin tot ‘n treinbestuurder. Eetwaens van 1920 wat hy van plase en selfs die middel van ‘n winkelsentrum moes aankoop en restoureer. Die oudste werkende stoomloko wat 123 jaar oud is, is van die skatte wat ons ontdek in DIE DROOM ROL VOORT.

‘n Stoomlokomotief wat in privaatbesit van Rohan Vos is.

‘n Stoomlokomotief wat in privaatbesit van Rohan Vos is.

‘n Gerestoureerde eetwa van 1911 as deel van die Pride of Africa van ROVOS Rail.

‘n Gerestoureerde eetwa van 1911 as deel van die Pride of Africa van ROVOS Rail.

Outydse sjarme. Ons stook ‘n stoomlokomotief.

Outydse sjarme. Ons stook ‘n stoomlokomotief.

Rohan Vos is trots Suid-Afrikaans. (deel van die museum in Capital Park)

Rohan Vos is trots Suid-Afrikaans. (deel van die museum in Capital Park)

Johan Rademan in ‘n stort in die Treinmuseum by Capital Park.

Johan Rademan in ‘n stort in die Treinmuseum by Capital Park.