Dokumentêr: Die elektriese motor

Dokumentêr: Die elektriese motor


VONKE OP DIE PAD: Die elektriese motor in Suid-Afrika

Die eerste landspoedrekord van 63.15 km/h is in 1898 opgestel deur die Fransman Gaston de Chasseloup-Laubat in Achères naby Parys, Frankryk. Hy het die rekord in dieselfde jaar verbeter na 92.78 km/h, terwyl ‘n Belg, Camille Jenatzy ‘n jaar daarna in 1899, die landspoedrekord verbeter het na 105.882 km/h. Die rekords is almal behaal met elektriese motors. As die elektriese motor dan reeds voor die binnebrandenjin bestaan het, waarom het die tegnologie nie verder ontwikkel nie?

2017-Nissan-Leaf-specsDie elektriese motor is nou met mening terug, hoofsaaklik as gevolg van meer effektiewe battery-tegnologie. Dit maak van die elektriese motor die ideale alternatiewe vervoermiddel. Ongelukkig is die elektriese motor tans te duur vir Jan Alleman en die reikafstande nog nie na wense nie. Daar is ook nog nie regerings-insentiewe in SA beskikbaar vir voornemende verbruikers nie. As stadsmotor is die reikafstand van tot 180 kilometer meer as genoeg om mense daagliks te karwei. Daarteenoor word daar gereken dat fossiel-brandstofbronne een of ander tyd uitgeput sal word. Sommige wetenskaplikes voer aan dat 50 jaar ‘n realistiese berekening is.

Hoe nou gemaak? Luister na ons dokumentêre program Vonke op die Pad waar ons kyk na die elektriese motor as alternatiewe persoonlike vervoermiddel in Suid-Afrika.

Dit word uigesaai op Donderdag 18 Augustus 2016 om 20:00. Die program is saamgestel deur Fritz Klaaste, ‘n ywerige motor-entoesias.

Luister hier na ‘n klankgreep oor die program:

 

BMWi3

electric-car-battery