Dokumentêr: Die veelsydige Jan Pohl sou vanjaar 100 jr oud wees


Hy was ook skrywer, omroeper en akteur. Wie onthou die legendariese STAAL BURGER reeks wat deur Jan Pohl se suster Anna Neethling Pohl as opdragwerk vir die jeug aangevra is.

En raai wie het die rol van Willem vertolk – Jan Pohl.

Hy het ook die guitige Piet Skaapkopsketse geskryf en opgevoer en self die rol van Piet Skaapkop vertolk tydens Koffiehuiskonserte.

Luister gerus hoe konstrueer Johan Rademan die lewe van Jan Pohl in ‘n dokumentere program op RSG uit die SAUK-argiewe.

Sy skryftalent het ontwikkel nada thy ongeveer 8 jaar lank ‘n omroeper was in ‘n loopbaan in die reklamewese.

Jan Pohl het die meeste van sy liedjies in ‘n kort bestek gekryf toe hy in die Katdorings, ‘n Vaudeville-groepie, opgetree het. Hy het egter geen formele musiekopleiding nie en het aan die Universiteit van Kaapstad in die Beeldende Kunste studeer.

Die Mannetjie, wat Derduisende jong mense uit die FAK Sangbundel tydens sangklasse op skool aangeleer het, is deur Jan Pohl geskryf n.a.v. ‘n beroep wat sy pa beklee het.

“Daar onder in die vlei stap ‘n mannetjie, hy is so klein en so skraal, hy dra ‘n ou klein kofie kannetjie en stap na diewerk vir die 100ste maal”

Jan Pohl sou vanjaar 100 wees. Hy is oorlede op 80-jarige ouderdom in Phillipolis waar hy en sy vrou gaan aftree het. Sy is nou 88 en woon steeds in Phillipolis.

Luister na twee klankgrepe:

1. Jan Pohl speel Piet Skaapkop( 50sek)

2. Jan Pohl in die rol van Willem uit Staal Burger( 29sek)