Luister weer na die dokumentêr ‘As die klok lui’


Dit is gewoonlik op die onwaarskynlikste plek, waar die grootste skat versteek is –
Geleë in Berea, Johannesburg, ‘n armoedige, deel van die stad, is Johannesburg Girls Preparatory School,trots op hulle Junior koor.

Ten spyte van die gevaarlike omgewing en sommige leerders se moeilike huishoudelike omstandighede, palm die koor gereeld goud in. Om alles te kroon sing hulle hoofsaaklik in hulle derde taal – Af rikaans. Liedjies soos “Oom Jan sny koring” en “Ek het hande ek het voete” weerklink in die skoolsaal tydens die repetisie.

Maar dit gaan nie eintlik oor wen nie. Dit gaan oor trots. Oor toegewyde en passievolle onderwysers wat ‘n verskil maak. Die behoefte aan ‘n veilige hawe vir ‘n kind. Die leemte wat kultuur en naskoolse aktiwiteite vul vir ‘n kind wat nie vanmiddag wil huis toe gaan nie… Dit gaan oor alles wat jy reg kry —- as jy sing.

Luister hier na die dokumentêre program deur Este Gross.
Die video en foto’s is deur Colani Homan.

 

Haasbekke in ‘n ry

Asem skep

Optrede – Pieter Kruger is die dirigent