Luister weer: Dokkie oor orgaanoorplanting


Ons dokumentêre seisoen het goed afgeskop. Hier is ‘n voorsmakie waarna jy verder in Augustus kan uitsien:

16 Augustus: Om ‘n tweede lewenskans te vier

Oorplantingspele: Susan Burrie en Beatrice Maritz. Foto: Heilie Uys

Saamgestel deur Mariska Spoormaker

Talle Suid-Afrikaners lei ‘n lewe van dankbaarheid en aktiewe sport nadat hulle jare lank siek was. Hulle benut die tweede lewenskans wat ‘n orgaan- of weefselskenking aan hulle gebied het ten volle, en het in die hartjie van die winter aan die Suid-Afrikaanse Oorplantingspele in Port Elizabeth deelgeneem. Mariska Spoormaker was daar en het baie verhale van hoop, toewyding en selflose liefde gehoor.

Kort nadat Hester Maritz gehoor het sy het nié die mediese toetse geslaag om ‘n nier aan haar dogter Beatrice te skenk nie, het sy in trane uitgebars en aan die dokters gesê:

“Asseblief, julle vat my nier nou terwyl ek hier staan voor julle, of julle vat hom as ek nie meer daar is nie, want ek is op die punt om my lewe te neem sodat my kind kan lewe – ek gaan nie nodg ‘n kind aan die dood afstaan nie. My  oudste dogter Nadia is op 18-jarige ouderdom in 2010 dood aan ‘n hartstilstand en in 1996 het my seun Gilliano gesterf aan ‘n hartaanval terwyl hy gehardloop het.”

In November 2015 is een van Hester se niere suskesvol op die 16-jarige Beatrice oorgeplant. Vanjaar was ‘n fikse Beatrice een van die sowat 80 deelnemers aan die nasionale oorplantingspele wat in Port Elizabeth gehou is .

Alice Vogt op die Oorplantingspele. Foto: Heilie Uys.

“Dít is hoe n mens die lewe moet vier,” sê ma Hester wat jy altyd langs die oefenveld en wedstrydbaan sal kry. “Ek kan nou sien hoe help ‘n geskenkte orgaan ‘n siek mens, ek het myself as lewerskenker – hulle vat net ‘n  stukkie van die lewer – geregistreer.”

Hester en haar dogter Beatrice se verhaal is een van vele wat getuig van  die tweede lewenskans wat orgaan- of weefselskenkings aan baie siek mense bied….en dit word alles saamgevat en as ‘n hoorbeeld, Om ‘n tweede lewenskans te vier, op Donderdag, 16 Augustus om 20:00 uitgesaai.

Tydens die hoorbeeld kan jy luister hoe twee nierontvangers van Kaapstad mekaar in Port Elizabeth “raakgehardloop” en toe eers uitgevind het hulle deel ‘n unieke storie. Dan is daar die Kaapse fietsryer wat haar lewe te danke het aan ‘n Duitse vrou wie, toe sy 21 jaar oud was, “net besluit het om beenmurg te skenk.”

Dean Arnolds. Foto: Heilie Uys.

Luister ook hoe vertel Alice Vogt eens Baaienaar en nou Johannesburger, hoe sy die lewe na twee dubbele longoorplantimgs ervaar… en dan is daar ook die vrou van Pretoria wie vertel hoe sy en haar man nou al vir hul tweede kind ná haar leweroorplanting beplan.

Stan Henkeman, Kapenaar en voorsitter van die SA Oorplanting Sportvereniging, is n ywerige atleet vandat hy n nuwe hart ontvang het. “Daar ís lewe ná n oorplanting,” sê hy.

Dr. Heilie Uys, nierverpleegkundige, wat self bietjie meer as drie jaar op dialise was voor haar nieroorplanting in 2004, beklemtoon weer die noodsaak daarvan om so gou as moontlik uit die “siek staat” te beweeg, “om van die oorplantingsbus aft e klim” deur by sport of ander gemeenskapsaksies betrokke te raak.

Dit alles en nog meer op in die hoorbeeld Om ‘n tweede lewenskans te vier – Donderdagaand 16 Augustus om 20:00.

Luister na ‘n klankgreep uit die dokumentêr:

By die onlangse Oorplantingspele

Stan Henkeman

Mpumi Damane draai die krane oop.

Vivian de Klerk.

Lynn Landman. Foto: Heilie Uys.

Johan de Jager van Middelburg MPU (middel), Rene Clark (links)en Lisa du Plessis (regs) by die Junior Oorplantingspele. Foto: Heilie Uys.

Foto: Heilie Uys

Natalie Hutton (regs) en ‘n paramedikus

Nog dokkies wat op jou wag

23 Augustus: Christelle van Tonder se dokumentêr oor Mama Soweto

30 Augustus: Johan Rademan se dokumentêr Julian se Bokke.

Het jy dalk dié dokumentêre programme van dié seisoen misgeloop?

9 Augustus: Siyabonga, Suster Chrisna, Siyabonga.
Saamgestel deur Martelize Brink.

2 Augustus: ‘n Geleefde lewe, oftewel Die Oorlogskloofpad na Katstaartlaagte: ‘n Besoek aan John Miles
Saamgestel deur Ina Strydom

19 Julie: Die shackbouer en Freedom Farm se mense saamgestel deur Haidee Muller.

12 Julie 2018: Die wortel van alle kwaad, deur Christelle van Tonder
Transitiorooftogte het van 2016 tot 2017 met 43% toegeneem. Meer as 90% van hierdie rooftogte gebeur met die hulp van informante aan die binnekant. Onskuldige mense word in die spervuur vasgevang, en sekuriteitswagte boet met hulle lewens deur net hulle werk te doen. Volgens voormalige transito-veligheidswag Mark Austin, is daar altyd iemand aan die binnekant betrokke. Mark het nege jaar lank op die geldwaens gewerk, tot hy verplig was om na ‘n ander department te skuif as gevolg van posttrauntiese-stres. Hy was die slagoffer van ses transitorooftogte! Christelle van Tonder kyk na die trauma wat die veiligheidswagte daagliks beleef. Kenners op die gebied, dr. Alice Maree en dr. Hennie Lochner gee insig oor hoe die rooftogte beplan word.

5 Julie 2018: Die Pink Rods wielewaai in die Baai, deur Mariska Spoormaker
Noem dit stampkarre, ovaalbaanwedrenmotors, stock cars of net wat jy wil, maar sorg dat jy minstens een keer in jou lewe gaan kyk hoe jaag die mense in hulle omgeboude motors teen mekaar. Presisie en tydsberekening , met die lepel diep ingetrap, is alles. Mariska Spoormaker het dié opwindende motorsport in Port Elizabeth gaan kyk, en uitgevind dat die Pink Rods, ‘n spesiale kategorie vir vroue, ook daar laat wielewaai.