Klara Majola – agtergrond tot die dokumentêr van 10 September


Die lewe en natalenskap van Klara Majola is ‘n dokumentêr saamgestel deur Johan Rademan. Dit word op 10 September om 20h00 op RSG uitgesaai. Lees en luister oor die agtergrond tot die maak van die program en meer inligting oor klein Klara Majola.

Klara Majola se regte naam was Violet Jansen. Die verkluiming van ‘n agtjarige bruin dogtertjie in die Witzenbergvallei, sowat 35 km buite Ceres, het in ‘n amperse onbenullige klein beriggie in die koerant verskyn op 31 Julie 1950. DJ Opperman het dit raakgelees en die kragtige gedig, Klara Majola geskep. Daarna het Boerneef in Teen die helling, Prof Dirk Kotze in Dapper kinders van Suid-Afrik en Dana Snyman in Op die toneel Klara Majola se dapper daad verder gevoer. Sy wou haar blinde pa gaan soek en het self verdwaal, verkluim en gesterf.

Die inspirasie is nog verder gevoer deur kunstenaar Varenka Paschke wat ‘n bronsbeeld gemaak het en toe nog ‘n verliefde Stef Bos van Nederland, wat vandag met Varenka getroud is , ‘n toonsetting met sy eie byvoeging gemaak het. Die bonus in die hoorbeeld op RSG is dat Klara Majola se susterskind Willie Jansen ook deelneem en van die misterie saam met ons ontrafel.

Luister gerus na ‘n stukkie van Willie Jansen oor sy tannie wat hy nooit geken het nie en Dianna Ferris, die digter, oor Klara Majola en moenie die spesiale belewenis oor die lewe en nalatenskap van Klara Majola Donderdagaand 10 September om 20h00 op RSG misloop nie.

Klara Majola is op ‘n ware verhaal gegrond. Hier is die storie soos dit op 31 Julie 1950 in Die Burger verskyn het.

Klara Majola is op ‘n ware verhaal gegrond. Hier is die storie soos dit op 31 Julie 1950 in Die Burger verskyn het. Die berig is in die tweede storie in die regterkolom op die voorblad.

 

Die storie oor Klara Majola van Ceres, soos dit op 31 Julie 1950 in Die Burger verskyn het.

Die storie oor Klara Majola van die Witzenbergvallei naby Ceres, wat op ‘n koue nag in dik sneeu in die veld verkluim het toe sy haar blinde pa gaan soek het, soos dit op 31 Julie 1950 in Die Burger verskyn het.