Luister vanaand: Die vioolmaker, Fynbesnaard


Everhardus Esterhuyzen is die enigste Suid-Afrikaner wat in Cremona opgelei is, wat tans nog viole kan bou. Hy het die kuns by meesters in Cremona in Italië geleer en ook uit boeke. Van sy viole en tjello’s word tans in Amerika en Europa bespeel. Hy is tans besig om sy 80ste instrument te bou, naamlik ‘n Spaanse kitaar.

Jacqui January het met die vioolmaker gesels.

Hier is Jacqui (foto regs) se notas oor die dokumentêr:
Titel:
 Die Viool-maker

  1. Onderwerp: Die kuns /maak van ‘n besondere instrument : Die Viool
  2. Kern-inhoud:

Everhardus Esterhuizen het die kuns van viool-bou bemeester.

Aanvullende inhoud :

Daar was 3 Suid-Afrikaners, maar net Everhardus het oorgebly en bou steeds vioole. Hy het in Cremona in Italië gaan kers-opsteek by die ou meesters, maar meestal d.m.v boeke uit Amerika geleer.

  • Aanvullende inhoud:

Meer oor die geskiedenis van die instrument;

Die kuns (3 faktore waarop hy konsentreer);

Hand-gemaakte kuns wat baie selde meer gemaak word;

Van die studente/musiek skole wat van sy instrumente gebruik;

Die besondere klank van die viool;

Hy bou ook Spaanse kitare;

Hy was in Instrumentele Tegniese Kajuit Operateur vir SAL, en maar altyd met fyn delikate besonderhede gewerk.

  1. Klank / Musiek:

Besondere viool-musiek met en sonder ander instrumente.

Hier is foto’s van Die Vioolmaker Everhardus Esterhuyzen in sy werkswinkel.

Everhardus aan die werk