Luister weer na “Witboordjieboks”


“Dit was nog altyd my droom om te boks,” sê John Roodt. Hy is een van duisende gewone ouens wat deesdae aan witboortjieboks-gevegte deelnaam.

Ná ‘n lang dag by die werk, gaan hy na sy plaaslike boksgym om van sy frustrasies ontslae te raak en terselfde tyd ook fiks te word. John is ook een van die min wat ook in die kryt klim en teen ander ouens veg. Jody Hendricks het by ‘n paar van die boksgyms in Gauteng gaan inloer om meer oor witboortjieboks uit te vind.

As jy belangstel om Witboortjieboks te doen, skakel gerus vir Steven Castle op 082 496 9308.