Luister weer na dokumentêr oor John Miles


Die Oorlogskloofpad oppad na Katstaartlaagte

2 Augustus: ‘n Geleefde lewe, oftewel Die Oorlogskloofpad na Katstaartlaagte: ‘n Besoek aan John Miles
Saamgestel deur Ina Strydom

Sedert sy aftrede in 1998 as dosent in Afrikaans aan die Universiteit van die Witwatersrand, boer die skrywer John Miles en sy lewensmaat Saar Steenkamp, net buitekant Nieuwoudtville.

Hulle boer met onder meer rooibos en olywe. Die plaas se naam is Katstaartlaagte.

Ina Strydom het die Oorlogskloofpad na Katstaartlaagte gevat om met dié bekroonde skrywer te gesels, wat op 1 Augustus 80 geword het.

Luister hier na die klanksnit uit die dokumentêr:

John Miles word vanjaar 80, maar steur hom nie aan die ouderdom nie. Hy woon en werk in die Noord-Kaap waar hy hom ná sy aftrede as akademikus gaan vestig het. Hy is ‘n ywerige leser en skryf omdat hy gedwing word. Ina Strydom kyk na dié bekroonde skrywer se lewe en werk.

John Miles op sy plaas Katstaartlaagte