Martelaar Manche Masemola


4 Februarie 2016 om 20:00: Martelaar Manche Masemola – deur Jacqui January

800px-WestminsterAbbey-MartyrsMache is gebore in 1913 in ‘n gehuggie in die  landelike deel  naby Polokwane in Limpopo. Sy was ‘n toegewyde Christen en het met die Duitse en Engelse sendelinge saamgewerk.  Haar mense, die Pedi, het hulle geloof streng volgens tradisionele gebruike beoefen. Op 4 Februarie  1928, toe sy 15 jaar oud was, het haar ouers haar doodgemaak oor haar geloofsoortuigings en op ‘n afgeleë koppie begrawe. Sy is toe deur die Anglikaanse kerk tot martelaar verklaar. Haar standbeeld is deesdae een van die 10 Martelaars van die twintigste eeu, wat bo die Groot Westelike Deur van die Westminster Abdy in London te sien is (sien foto – Mache is in die middel). Die dokumentêr word uitgesaai op Mache Masemola se herdenkingsdag op die Kalender van die Heiliges.

Luister hier na die dokumentêr.

Kyk hier watter ander dokumentêre program wag hierdie seisoen op jou.