Luister na dokumentêre program oor Lida Botha


kknk_aktrise2In Donderdagaand 11 Augustus se dokumentêre program Lida van Grootderm bring ons jou ‘n kykie in die lewe van die geliefde aktrise Lida Botha.

Die veelbekroonde aktrise Lida Botha het die groot agt onlangs agter haar geplaas. Margot Luyt gesels met haar oor haar kleurvolle lewe en die interessante draaie wat sy die afgelope 80 jaar deur gelag het, want min mense kan lag soos Lida van Grootderm.

Luister hier na ‘n klankgreep uit die program:

Lida en haar ma, Johan, (foto’s onder) word beskou as die goue Oupa en Ouma van die teater.

Ouma_en_oupa

KN_Kwela_20120404_1_Oupa_ou

 

En ja daar gaan beslis nie veel aan op Grootderm in die Richtersveld naby Alexanderbaai nie.

Grootderm.8

Plot21_25_10x10__6875

77522961

77521890

Luister onderdagaand 11 Augustus 20:00 op RSG.

#  #  #  #

pgduplessisIn Donderdagaand 4 Augustus se dokumentêre program bring RSG hulde PG du Plessis. Ina Strydom het by die skrywer P.G. du Plessis gaan inloer en oor sy lewe as skrywer gesels. (Foto links: Taalgenoot)

#  #  #  #

Die dokumentêre genre is seker van die mees kreatiewe programme op radio. Die programmaker skep ‘n verhaal, ‘n beeld, ‘n aktiwiteit in klank en skilder prentjies vir die luisteraar om sy of haar wêreld te verryk. RSG het deur die jare heen groot hoogtes bereik in die genre en doen vanaf 7 Julie weer so.

Só kondig RSG die nuwe reeks aan:

Die programmakers het geen moeite ontsien nie om net die beste programme saam te stel en sodoende ‘n aangename luisterervaring te skep.

photo-nasa-madagascar-vue-du-cielDonderdagaand 7 Julie 20.00 – 20.30: Die wêreld vir ‘n glimlag.
Christelle van Tonder na Madagaskar gereis om daar te sien wat ‘n groep spesialiste doen om kinders met gesplete verhemeltes te help om hulle lewe so normaal as moontlik te lei.

Donderdagaand 14 Julie 20.00 – 20.30: Die vonds in die vullis. ‘n Kykie na die trolliemense in ‘n straat in Johannesburg.

Daar is ook talle gemeenskappe wat wemel van kultuurskatte en tradisies. Een só ‘n byna onsigbare juweel is ‘n kunswerk wat teen die muur van ‘n kerkgebou in Sophiatown pryk. Dit is ‘n werk met ‘n baie interessante geskiedenis en Jacqui January gaan dit vir ons onthul.

Ander onderwerpe wat in die komende dokumentêre programreeks aan die beurt gaan kom, is

  • ‘n kuiertjie by Oom Hannes Coetzee, ‘n legende wat ‘n lang en ryk lewe gelei het;
    Hannes Coetzee speel lepel-kitaar

    Hannes Coetzee speel lepel-kitaar

  • ‘n dagtoer in die Kaap waar daar by tradisionele plekke ingeloer word
    south-africa-cape-town

Die dokumentêre programreeks begin op 7 Julie en word elke Donderdagaand 20:00 uitgesaai.