Ruda gesels met Helen Zille

Ruda gesels met Helen Zille


22 September, Episode 12
Helen Zille – voormalige DA-leier en voormalige Kaapstadse burgemeester. Vurig, ernstig, dansend op die verhoog, uitgesproke. Wat sou dié sterk vrou tot stilstand gebring het?

Helen-Zille-eHealthNews

Donderdagaand halfnege begin Ruda gesels. Dit is 13 gesprekke met uiteenlopende Suid-Afrikaners. Ruda vertel: “Ons praat nie oor sienings en standpunte nie. Ons praat oor kinkels op die lewenspad, oor besluite en keuses.

Ruda Landman gaan sit met uiteenlopende Suid-Afrikaners en praat oor hulle lewens, hulle lief en hulle leed. Dis intieme, persoonlike gesprekke met mense van wie ons dikwels net oppervlakkig iets weet.

Daar is soveel mense wat ons net in hulle formele hoedanigheid ken – Karin Brynard en Rachelle Greeff is skrywers; Sonja Herholdt, Elzabé Zietsman en Marc Lottering is kunstenaars; Max du Preez is ‘n strydlustige politieke kommentator.

In Ruda gesels vra Ruda Landman ánder soort vrae. Marc Lottering, seun van ‘n pastoor, sê hy het ‘n jaar lank “uitgekom” as gay. Max du Preez vertel hoe hy uit ‘n brandende vliegtuig gekruip het. Sonja Heroldt beskryf haar besluit om te skei en haar vier kinders alleen groot te maak.

Hier’s die ondersoekende joernalis in ‘n nuwe rol. Mense neem haar in hul vertroue oor die goed wat regtig saak maak in sleuteloomblikke op die lewenspad. Sy sê die aanvallende onderhoude waarvoor sy bekend geword het was nooit vir haar lekker nie – “Ek is nie so grootgemaak nie, om so ongeskik te wees.” Kalm, eerlike gesprekke wat ver verby ditjies en datjies en/of standpunte en sienings gaan, maak haar gelukkig.

Kyk net na watter lekker gesprekke en gaste jy kan uitsien:

29 September, Episode 13
Marc Lottering – gewilde komediant. Dié seun van ‘n pastoor, sê hy het ‘n jaar lank “uitgekom” as gay.

Marc Lottering

Marc Lottering

Vorige programme:
7 Julie, Episode 1

Die eerste gas is Elzabé Zietsman – aktrise, kabaret-sangeres, sjef, gerehabiliteerde drankverslaafde.
Luister hier as jy dit misgeloop het.
Photo_-_02

14 Julie, Episode 2
Jonathan Jansen – rektor van die Universiteit van die Vrystaat. Uitgesproke, soms omstrede. Wat was die keerpunt in sy lewe? Luister hier na die program.
prof-jonathan-jansen(UFS)

ProfJJ_Naomi+and+Dr+Esau

Voor: Prof Jonathan Jansen, sy vrou Grace. Agter links is sy dogter Naomi Jansen.

Jare gelede: Jonathan Jansen en Grace by hul seun Mikhail op sy verjaarsdag.

Jare gelede: Jonathan Jansen en Grace by hul seun Mikhail op sy verjaarsdag.

21 Julie, Episode 3
Sonja Heroldt (Foto: Vrouekeur) – sangeres, ma van vier. Haar jongste seun is doof en het ‘n kogleêre inplanting gehad op 17-jarige ouderdom. Haar oudste seun, Simeon (foto onder), is ‘n sanger in eie reg. Sonja Heroldt beskryf haar besluit om te skei en haar vier kinders alleen groot te maak. Luister hier na die program.

Sonja Herholdt (Foto: Vrouekeur)

Sonja-Herholdt-en-Simeon-Hamman

28 Julie, Episode 4
Karin Brynard – voormalige politieke joernalis, skrywer van misdaadromans. Sy moes ook ‘n verslawing oorkom. Luister hier na die program.

Karin Brynard

4 Augustus, Episode 5
Wilma van der Bijl – voormalige Mej Suid-Afrika, apteker, entrepeneur en sakevrou met haar eie ondernemings. Sy is enkele jare gelede met borskanker gediagnoseer en het sterk gebly vir haarself en haar gesin. Wilma alleen
(Foto: www.ericuysphotography.com) en Wilma met haar twee kinders Alexia en Nikolaos.

Luister hier na die program.

web_EPU_5575-copy

wilma_van_der_bijl

11 Augustus, Episode 6
Rachelle Greeff – skrywer van boeke, toneelstukke en rubriek. Wat was die keerpunt in haar lewe?
En Carike Keuzenkamp (Foto: Vrouekeur) – geliefde sangeres, voormalige TV-aanbieder, gesinsvrou en sy  lewe vol-uit ná kankerbehandeling. Carike het ‘n vriendin se pa ‘n guns gedoen en ‘n ster geword – die pa was Jamie Uys, die guns ‘n groepstoneel in Die Professor en die Prikkelpop. Rachelle was huisgebonde ná ‘n moeilike geboorte. “Wat kan ‘n mens doen as jy moet lê? Toe skryf ek maar,” sê sy.

Luister hier na die episode.

Rachelle Greeff

vka20158261403518 Augustus, Episode 7
Patricia de Lille – vurige politikus wat die wapenskandaal oopgekrap het, burgemeester van die enigste metropool in die land wat ‘n goeie internasionale gradering ontvang het vir goeie bestuur. Sy is pas vir haar tweede termyn as burgemeester verkies, nadat die DA ‘n volstrekte meederheid in die Kaap behaal het. Sy was ook die vrou wat die wapenskandaal onthul het. Sy is foxterrier en bullterrier tegelyk. Wat was die keerpunt in haar lewe?
Cape-Town-Mayor-Patricia-de-Lille-–-image-www.proudlysa.biz_

25 August, Episode 8
Evita Bezuidenhout/Pieter-Dirk Uys – satirikus by uitstek. Die darling van Darling. Watter gebeure het sy lewe verander? Luister hier na die program.

evita_news_19110_5879

evita bezuidenhout pieter dirk uys

1 September, Episode 9
Kay Karriem – redakteur van Kuier, die grootste tydskrif in die land. Joernalis, raakvatter, vasbyter en terugbonser. Kay het voor 40 al drie beroertes gehad, maar niks kry haar onder nie. Sy is ‘n mens op ‘n missie om vir bruinvroue ‘n platform van hulle eie te gee, waar hulle, soos sy sê, die hoofdis is, nie net bykos nie. Luister hier na die program.

kay-karriem1

8 September, Episode 10
Max du Preez – gesoute politieke vuurvreter-joernalis, rubriekskrywer, politieke kommentator. Hy het ‘n vliegtuig-ongeluk oorleef en vertel hoe hy uit die brandende vliegtuig gekruip het.

Max-du-Preez-1

15 September, Episode 11

Amy Kleinhans-Curd – Voormalige Mej Suid-Afrika, gewilde spreker, ma van twee. Ook sy het ‘n draaipunt in haar lewe teëgekom.

amy_kleinhans

family4

Amy gesin