Spiritualiteit – ‘n dokumentêr wat jou laat dink


Donderdag 22 Februarie 2018

Sommige mense raak al hoe meer bewus van hulle spiritualiteit, en ander skram weg daarvan. Vir baie is dit deel van hulle godsdiens, en vir ander is dit ‘n leefwyse. Deelnemers vertel van hulle soeke na spiritualiteit eeu-oue geloofspraktyke en in die Christendom. Hoor van die God-kol en hoe innerlike stilte in spiritualiteit beoefen word.

Die dokumentêr is saamgestel deur Jacqui January.