Stap saam in Adam Kok III se voetspore in Philippolis


1820-1861 was Griekwa-wêreld in die Philippolis-Vrystaat.

Die Griekwa-nalatenskap in argitektuur en kultuur is vandag nog duidelik te sien in Philippolis in die Vrystaat. Die feit dat die N1 van Kaapstad na Bloemfontein aanvanklik deur die dorpie geloop het en toe later verskuif is, het waarskynlik die kosbare nalentskap in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gered.

Adam Kok III se Griekwas het vir bykans 4 dekades floreer in die Philippolis-gebied voordat hulle uiteindelik voor ‘n paar magte moes swig. Die Engelse en Duitse Sendelinge, Kolonialers (Britse oorheersing), die Trekboere, Die Voortrekkers en ander vigilante-groepe wat amper soos in die Wilde Weste geleef het.

Prof Doreen Atkinson skets in die dokumentêre program, Adam Kok III se voerspore in Philippolis, saamgestel deur Johan Rademan, die agtergrond waarteen gebeure in die tydperk afgespeel het. Kaptein Johannes Kraalshoek, ‘n Griekwa-leier in die Vrystaat en oom Booitjie Derisen en sy vrou Katriena, vul saam met amateur-historikus met ‘n regsagtergrond, sakeman Deon Beneke, die prentjie in.

Kom stap Donderdagaand om 20:00 saam in  Adam Kok III se voerspore in Philippolis. Luister na hoe die nalatenskap en leefwyse van die Griekwas vandag herdenk word in die Adam Kok III staproete in Philippolis saam met Johan Rademan op RSG.

Philippolis het asemrowend natuurtonele maar in die 19de eeu was dit soms soos die Wildeweste. Hier het Griekwas, Trekboere, Kolonialers, Voortrekkers, die Korannas, Suthu’s en Tswana’s, San en Bergenaars geveg het vir hul plekkie in die son.

Kapt Johannes Kraalshoek is van die laaste oorlewende Griekwas in die Philippolis-distrik. Hy is die Leier van die Griekwas in die Vrystaat.

Die mengsel van Trekboere, Kolonialers, Sendelinge en Voortrekkers se voetspore is oral duidelik in Philippolis

Die inligting is effens verouderd, want die raadsaal is vandag ‘n koffiewinkel waar ‘n mens jou kan indink hoe die Griekwa-raad met Adam Kok vergader het in die tydperk 1822 – 1861

Ko-Ma-In dui nou die plek aan waar die Raadsaal van die Griekwas eens van die begin tot middel 1800’s gebruik is vir groot besluite deur die Kok’s.

‘n Sy-aansig van Adam Kok III se woonhuis in die hoofstraat van Philippolis. (let op die lae deurtjie en venster; iets uit die BoKaap-argitektuur).

‘n Vooransig van Adam Kok III sehuis waar hy gewoon het voordat hy in 1861 na Kokstad verterk het.

Inligting oor die historiese blyplek van Adam Kok III wat vandag vir sake-ondernemings gebruik word maar wel op afspraak besigtig kan word.

Stigting Simon van der Stel het die stukkie geskiedenis in die 19de eeu help verewig.

Erkenning vir die Griekwa-afstammelinge is hoog op hulle prioriteitslys. Erkenning is gegee aan die stuk Suid-Afrikaanse geskiedenis op ‘n R5-munt, soos Katriena Derison, ‘n direkte afstammeling van die Koks hier wys.

Katriena Derison is ‘n nasaat van Adam Kok en met ‘n Derison getroud. Sy het 5 kinders van oom Booitjie in die lewe gebring.

Man, Vrou en kind saam met Johan Rademan in Philippolis. Katriena (sy tweede vrou) en oom Booitjie Derisen het 5 kinders.

Johan Rademan met ‘n paar afstammelinge van Oom Booitjie Derisen, ‘n Griekwa-leier in Philippolis. Almal in die omgewing wil nie altyd Griekwas genoem word nie.

Enkele nasate woon in ‘n veranderde wêreld waarvan Adam Kok III-hulle nie van geweet het nie. Nadat die Griekwas se grond omtrent alles verkoop is aan Trekboere en Voortrekkers, het hulle in 1861 Kokstad toe getrek en het die nasate gesukkel om weer hul voete te vind.

Oppad na die Adam Kok III se staproete in Philippolis. Heelwat meer modern, maar steeds eg plattelands is die windpomp ‘n simbool van vooruitgang in die eens dorre wereld van Philippolis toe die Griekwas in 1861 die dorpie verlaat het..

Beeste, skape en bokke was volop in die krale van die Griekwas toe dit met hulle vooruitstrewend gegaan het in die bykans 40 jaar wat Adam Kok se Griekwas in Philippolis gewoon het.

Die Adam Kok veekraalinligting

Adam Kok III het by geleentheid teen die Voortrekkers in 2 veldslae geveg. Dit word betwyfel of die 2 kanonne ooit gebruik is, maar dit is as geskenk deur die Engelse aan Adam Kok geskenk.

Johan Rademan by een van die 2 kanonne van Adam Kok wat hy nie saamgeneem het op die trek uit Philippolis na Kokstad in 1861 nie. (Let op die swierige NG Kerk wat nou op die terrein stan waar die Griekwas kerk gehou het van ongeveer 1820 vir bykans 4 dekades.

Op ‘n ongewone nat dag in Philippolis se begraafplaas. Let op die klipstapeltjies van Griekwa-grafte waarop geen inligting aangebring is nie. Historici en navorsers vind dit moeilik om die name van die afgestorwenes te bekom.

Die geskiedenis van Adam kok III word ook in die Kardoesie-inligtingsentrum in Philippolis se hoofstraat met stukkies en brokkies aanmekaar gehou.

Prof Doreen Atkinson (saam met RSG-omroeper Johan Rademan) werk onverpoos om die geskiedenis van die Karoo en omgewing na te vors en met ander Suid-Afrikaners te deel. Sy woon in Philippolis in die huis waarin Sir Laurens van der Post as kind gewoon het en boonop het Emily Houbhouse ook baie tyd in Philippolis deurgebring. Die fokus val egter die slag op nog ‘n histories figuur uit die omgewing in die Vrystaat, Adam Kok III.

Prof Doreen Atkinson het ‘n magdom kennis oor die Griekwa-geskiedenis in Philippolis uit die tydperk toe Adam Kok III ‘n groot invloed op die Vrystaatse dorpie gehad het. Die griekwas het van 1820-1861, vir nagenoeg 4 dekades hul stempel in die omgewing afgedruk. Johan Rademan(RSG-omroeper)het haar gevra om saam met ander inwoners uit die omgewing ons in die skoene te laat klim van Adam Kok III in die begin en middle van die 19de eeu.