Ella se Perde: skoolhoof se seun vertel


ELLA SE PERDE het ongekende luisteraarsreaksie gelok. Maar dit is die reaksie van een spesifieke RSG-luisteraar wat ons by RSG laat reg-op sit het, want dit was van die seun van een van die ware karakters in dié drama oor ware karakters.

John Rosant, seun van Ferdinand Rosant, skoolhoof van die skooltjie wat Ella eiehandig gebou het, was aangedaan toe hy hoor sy pa word ook in die drama uitgebeeld. John, wat later self onderwyser geword het, was ‘n seuntjie van agt jaar toe Miss Gordon in 1958 op Karwyderskraal dood is., slegs ‘n dag nadat sy uit die hospitaal gekom het om op die plaas te kom sterf. Hy onthou haar goed.

Tussen al die reaksie – John se e-pos
John het só aan RSG laat weet dat hy nog baie dinge uit Miss Gordon se tyd kan onthou:
”Ek het die drama Ella se perde baie geniet omdat ek Ella goed geken het. Die karakter Ferdinand Rosant was my pa. Ek ken ook Andreas, Anna en Eerwaarde Schaberg. My vader was in daardie tyd die skoolhoof van die skool wat eiehandig deur Ella gebou is. Ons het ook die eer gehad om haar tot haar sterfdag op 6 Mei 1958 te versorg. Iemand kan my skakel as hulle belangstel om meer van Ella se lewe op Karwyderskraal te leer. ”

Luister

Luister hoe John Rosant op Tjailatyd met Amoré gesels oor Miss Ella, sy pa en Karwyderskraal, die plaas in die Hemel-en-Aarde vallei en die Miss Gordon se perdebegraafplaas.

Op potgooi
Goeie nuus vir luisteraars: Die potgooi van ELLA SE PERDE is van Saterdag op www.rsg.co.za beskikbaar. Gaan luister gerus indien jy dié aangrypende drama misgeloop het.

Foto’s
Kyk na die interessante foto’s wat John Rosant aangestuur het oor gebeure op Karwyderskraal uit Ella se tyd.

Skoolhoof Ferdinant Rosant en sy vrou, Lilian, wat Ella bygestaan het tot op haar sterfbed.

Skoolhoof Ferdinand Rosant en sy vrou, Lilian, wat Ella bygestaan het tot op haar sterfbed.

Besoekers aan die perde-begraafplaas op Karwyderskraal. Ferdinand Rosant, staan regs met sy arm op die perd se naambord.

Besoekers aan die perde-begraafplaas op Karwyderskraal. Ferdinand Rosant staan regs met sy arm op die perd se naambord.

Skoolhoof Ferdinand Rosant (heel regs) met die skoolkinders van Karwyderskraal op Ella se begrafnis. John is derde van regs, met die swart baadjie.

Skoolhoof Ferdinand Rosant (heel regs) met die skoolkinders van Karwyderskraal op Ella se begrafnis. John is derde van regs, met die swart baadjie.

Ella (links) en haar lewensmaat Clara voor die huis wat Ella self gebou het.

Ella (links) en haar lewensmaat Clara voor die huis wat Ella self gebou het.

Die Rosants se huis op Karwyderskraal. Die huis is deur Ella self gebou.

Die Rosants se huis op Karwyderskraal. Die huis is deur Ella self gebou.

Die skool wat Ella self gebou het en waar John Rosant begin skoolgaan het. Sy pa, Ferdinand, was die skoolhoof.

Die skool wat Ella self gebou het en waar John Rosant begin skoolgaan het. Sy pa, Ferdinand, was die skoolhoof.

Ella besig om die skool te bou.

Ella besig om die skool te bou.

Ella se werkers. Anna, wat ook in die drama genoem is, is tweede van links.

Ella se werkers. Anna, wat ook in die drama genoem is, is tweede van links.

John Rosant, seun van Ferdinand Rosant, skoolhoof van die skool op Karwyderskraal in Ella se tyd.

John Rosant, seun van Ferdinand Rosant, skoolhoof van die skool op Karwyderskraal in Ella se tyd.