Ai Paradiso!


Die skote klap en dinge word amper nou ondraaglik van spanning, maar al hoe meer mense bly inskakel op ons skitter middagvervolgverhaal deur die bekroonde dramaturg Charles J. Fourie. Paradiso is nou al in sy tweede maand op lug en luisteraars kla oor hulle naels wat gekou word, emosies wat tot ‘n punt gedryf word en wag in spanning…..

Paradiso Groep 250 x 150

Die mense agter die stemme is Brendon Daniels (OSCAR JACOBS); Shirley Ellis (MARIJKE LOUW); Susanne Beyers (FELICITY GEDULD); Sue Pyler (LEANNE GEDULD); Leon Kruger (FRANS MALAN) en Petrus du Preez (ARLO MADDER).

Paradiso is die derde drama in ‘n trilogie oor die reeksmoordenaar Arlo Madder.  Moenie vergeet om weeksmiddae kwart voor drie te luister na Paradiso.   Al die episodes wat al uitgesaai is, is op potgooi beskikbaar. Maar moenie alleen in die donker daarna luister nie…….

Kategorieë