Nuwe aand-vervolgverhaal: ‘n Tweede kans


RSG se nuwe radio drama ‘n Tweede kans word van Woensdag 1 Maart weeksaande om 21:00 uitgesaai. ‘n Tweede kans deur Bettina Wijngaard en is moontlik gemaak deur die Distell Stigting.

Die drama, in 13 episodes, het ten doel om luisteraars in te lig oor Fetale Alkohol Sindroom (FAS) en hoe om dit te voorkom.

Fetale alkohol sindroom is ‘n wesenlike probleem en in hierdie drama leer ons deur die lewens van Mary, Tessa en Wayne van die gevare van alkohol tydens swangerskap.

Meer oor FAS en die Distell Stigting
Fetale Alkoholsindroom (FAS) word veroorsaak wanneer ‘n swanger vrou alkohol tydens swangerskap gebruik. Die woord ‘sindroom’ dui op ’n hele omvattende reeks toestande waaraan die baba uiteindelik kan lei wat almal herlei kan word na alkoholgebruik tydens swangerskap.

Die alkohol word deur die swanger vrou se bloedstroom opgeneem en bereik binne 20 minute na inname die ongebore baba of fetus. Enige orgaan van die baba kan beskadig word, maar die ontwikkelende brein is veral baie kwesbaar.

Die Distell Stigting fokus, hoofsaaklik, op Fetale Alkoholsindroom (FAS) bewustheid en voorkomingsprogramme wat swanger vroue teiken om hulle aan te moedig om hul ongebore kinders die heel beste moontlike begin in die lewe te gee. Een van die bewusmakingsprogramme is ‘n radiodrama wat mense, uit alle vlakke van die lewe, oor die gevolge van die drink van alkohol terwyl hulle of hul maat swanger is inlig en om te verseker dat hul babas gesond gebore word.

Die radiodrama vertel die verhaal van Mary, ʼn jong vrou op soek na betekenis in haar lewe, vind ontvlugting in drank. Sy word swanger na ʼn kortstondige verhouding, terwyl sy steeds aanhou drink. Later moet sy die moontlikheid dat haar ongebore baba dalk breinskade kan op doen as gevolg van haar drankmisbruik, in die gesig staar. Met die bystand van ʼn groep sterk vroue, onder wie haar ma, ʼn vriendin, ʼn verpleegster en ʼn berader/mentor, slaag sy daarin om haar keuses te verander. Dit bring haar ook weer nader aan die pa van haar baba.

Die storie

Simoné Benjamin (Tessa) en Chrystal Donna Roberts (Mary)

Na ‘n onverantwoordelike aand saam met Wayne nadat hulle in ‘n klub gekuier het raak Mary swanger. Tessa is Mary se beste vriendin en stap die pad van swangerskap saam met Mary.
Ep 1
Mary en Tessa maak reg vir ‘n aand uit en antie Sarah vermaan hulle om versigtig te wees en nie te veel te drink nie.
Ep 2
Mary en Tessa kuier in die shebeen. Mary loop haar ou kêrel raak, en hulle verdwyn saam.
Ep 3
Mary vermoed sy is swanger. Sr Petersen doen ‘n swangerskaptoets by die kliniek en bevestig dat sy swanger is. Op pad uit loop hulle vir Wayne raak. Tessa roep hom eenkant toe, en vertel hom dat Mary swanger is. Hy ontken verantwoordelikheid en Mary gaan troos haarself met ʼn paar drankies.
Ep 4
Antie Sarah vind uit Mary is swanger. Sy is ongelukkig en teleurgesteld. Dit lei tot ‘n stryery tussen haar en Mary, veral wanneer sy uitvind die pa van die kind wil nie verantwoordelikheid aanvaar nie. Tessa probeer Mary ondersteun sover sy kan.
Ep 5
Mary en Tessa kuier in die shebeen. Tessa probeer sonder sukses vir Mary oortuig om minder te drink omdat dit skadelik is vir die baba. Mary drink al meer, en sy stry meer met antie Sarah. Haar werk begin daaronder ly, wat verder stres veroorsaak.
Ep 6
Terwyl Mary en Tessa een Saterdagmiddag op die shebeen se stoep sit en bier drink, kom praat Mev Jones met hulle. Sy konfronteer Mary met die feit dat sy drink en haar baba kan skade aandoen. Mary hoor vir eerste keer van Fetale Alkohol Sindroom.
Ep 7
Mev Jones kom by Mary se huis aan, en ontmoet antie Sarah. Sy neem Mary onder haar vlerk en verduidelik die gevare van FAS.
Ep 8
Mary gaan vir opvolgbesoek na kliniek, met Tessa vir ondersteuning. Sr Petersen bevestig Inligting oor FAS babas.
Ep 9
Mev Jones neem Mary en Tessa na die kleuterskool waar sy skoolhou. Daar is ʼn paar kinders met FAS, en sy verduidelik hoedat FAS hulle lewe beinvloed.
Ep 10
Die besoek aan die kleuterskool het Mary geskok, en nou is sy bang vir wat haar drinkery aan haar ongebore baba doen. Sy besluit om op te hou drink, maar is bang dat dit te laat is.
Ep 11
Met antie Sarah en Tessa se ondersteuning begin Mary anders lewe. Wayne maak weer sy verskyning, en wil haar nooi om saam partytjie te hou. Mary verduidelik hoekom sy nie meer drink nie.
Ep 12
Mary begin met FAS kinders werk, en besef dat sy dit geniet. Sy begin ʼn langafstand kursus volg om te kwalifiseer as kleuterskool onderwyseres, met Mrs Jones se ondersteuning.
Ep 13
Mary gaan in kraam, met Wayne, antie Sarah, Tessa en Mev Jones almal daar om haar te ondersteun. Sr Petersen hanteer die bevalling.

Die akteurs
Chrystal Donna Roberts – Mary
Simoné Bejamin – Tessa
June van Merch – Antie Sarah
Dean Doran Balie – Wayne
Liandé Valentyn – Sr Peterson en Mev Jones

Voor vlnr: Liandé Valentyn (Sr Peterson en Mev Jones) en Chrystal Donna Roberts (Mary). Agter van links na regs: Dean Doran Balie (Wayne), Eben Cruywagen, June van Merch (Antie Sarah), Simoné Bejamin (Tessa).

Vlnr: Simoné Bejamin (Tessa), June van Merch (Antie Sarah), Chrystal Donna Roberts (Mary) en regisseur Eben Cruywagen.

Die produksiespan
Regisseur – Eben Cruywagen
Tegniese en akoestiese versorging – Niel Roux
Uitvoerende vervaardiger – Lizelle de Bruin