Bloedlyn gaan jou laat ril


bloedlynBigIs jy met die maan gepla?

Oor die invloed wat die maan op die mens het, word daar al lank bespiegel..

Alles om ons het ‘n invloed op iets in ons – of dit nou ons blootstelling aan die son se ultravioletstrale is, of om iets te doen soos om na die oggendlug te staar, in ‘n woud te gaan stap of in die see te swem – dis moeder natuur se skoonheid wat die hormonale- en energievloei in ons liggame aanspoor en inspireer.

Nie alles in die natuur is egter in wese goed vir die mens nie. Die maan, wat al vir eeue deur digters, kunstenaars en skrywers besing word, het ‘n reeks negatiewe uitwerkings op die mens se verstand en gemoed. Op wetenskaplike sowel as geestelike vlak. Verskeie eksperimente is oor die afgelope paar jaar gedoen om die invloed van die maan, en veral die volmaan, op die mens se gees en gedrag te bestudeer.

Volgens kwantum fisika het alles in die heelal – die sterre, planete, satelliete en selfs die maan – ‘n frekwensie, en die frekwensie wat die maan uitstraal het ‘n invloed op die frekwensie van die verstand, wat op sy beurt weer die mens se gevoelens en emosies beheer.

Daar is gevolglik gevind dat die maan se frekwensie die vermoë het om die frekwensies van die onderbewussyn na die bewustelike verstand te herlei. En omdat die mens se onderbewussyn uit belangrike en positiewe asook onnodige en negatiewe indrukke bestaan, kan dit ‘n mens omver gooi wanneer alles gelyktydig die bewussyn bereik. Sommige mense verloor selfs kop……

Hier is die skakel na die potgooi van die volle drama. Luister gerus.

Die storie
Martyn le Roux se Bloedlyn speel af teen die agtergrond van die bloedmaan, wat ons so paar maande gelede beleef het. Kaptein Eugene de Vries word een nag wakker gebel en opgekommandeer om ‘n onverklaarbare geval in Duiwelskloofpas te ondersoek. Hy moet egter vir dr. Amanda Duvenhage, ‘n dierkundige saamneem, en wanneer hulle daar aanland, word hulle ingelig dat die omstandighede rondom die ongeluk baie misterieus en grusaam is.

Die verhaal wat ontvou, is een van feite en fantasie waarin die volmaan die hoofrol speel. Dit is ‘n riller met ‘n bonatuurlike kinkel, oor ‘n speurder en ‘n aantreklike Engelse dame wat die ondersoek in ‘n buitengewone rigting stuur. Dit word op volmaan uitgesaai, maar die skedulering is glo bloot toevallig……of is dit?

Die rol van Kaptein Eugene de Vries word gespeel deur Robbie Wessels, en dis Robbie soos jy hom nog nooit gehoor het nie. Hy lewer ‘n skitterende vertolking – dit klink asof die rol vir hom geskryf is.

Johny Klein speel sy regterhand, Sersant Brandon Julies; Karen Wessels is die dierkundige, dr. Amanda Duvenhage, en Marina Coetzee, die verleidelike Spencer Hope.

Die rol van Jean le Frerre, die kluisenaar waarom die ondersoek draai, word uitstekend vertolk deur Rouel Beukes, met Bradley Olivier en Sue Pyler as Calvin en Monique Williams. As jy nog nie gehoor het hoe kan Sue Pyler gil nie, kom luister vanaand……

Die regie is waargeneem deur Renske Jacobs, en die grootste uitdaging was om die regte atmosfeer te skep sonder om oorboord te gaan met die geweld en grusaamheid waarmee so ‘n storie noodwendig gepaard gaan. Om suggestief te werk is baie meer treffend, en die stuk het baie meer om die lyf as net die tonele waarin die hare letterlik waai…….

Bloedlyn word Donderdagaand, 26 Nov om 20h00 in Radioteater uitgesaai – RSG 100-104FM

Hier is ‘n agter-die-skerms voorskou van Bloedlyn deur Martyn le Roux, ‘n bloedstollende drama waarin die volmaan ‘n hoofrol speel. Die akteurs is Robbie Wessels, Marina Coetzee, Johny Klein, Karen Wessels, Rouel Beukes, Bradley Olivier en Sue Pyler. Die regisseur is Renske Jacobs. Die drama word uitgesaai in Radioteater op Donderdag 26 November om 20:00.

Luister hier na ‘n uittreksel uit die drama:

 

Hierdie foto’s is tydens die opnames geneem. Kyk of jy die spelers kan uitken.

DSC00102[1]

Van links na regs: Rouel Beukes (Jeanne le Frerre), Karen Wessels (Dr Amanda Duvenhage), Johny Klein (Sersant Brandon Julies) en Robbie Wessels (Kaptein Eugene de Vries).

DSC00101

Agter kloksgewys: Beukes (Jeanne le Frerre), Karen Wessels (Dr Amanda Duvenhage), Robbie Wessels (Kaptein Eugene de Vries), Bradley Olivier (met die keps – Calvin Williams) en Marina Coetzee (Spencer Hope).

DSC00099

By die mikrofoon: Bradley Olivier (Calvin Williams) en Sue Pyler (Monique Williams)

Van inks na regs: Robbie Wessels ( Kaptein Eugene de Vries), Bradley Olivier (Calvin Williams) en Marina Coetzee (Spencer Hope)

Van inks na regs: Robbie Wessels ( Kaptein Eugene de Vries), Bradley Olivier (Calvin Williams) en Marina Coetzee (Spencer Hope)