Luister weer Die Wittebrood: Riana Scheepers se ongewone liefdesdrama

Luister weer Die Wittebrood: Riana Scheepers se ongewone liefdesdrama


Okavango-DeltaElma Postma (bekend as Dezi van 7de Laan) en Anrich Herbst vertolk die hoofrolle in Riana Scheepers se ongewone liefdesverhaal, Die wittebrood, is op Donderdag 19 Mei om 20:00 in Radioteater op RSG uitgesaai.

As jy dit misgeloop het, luister hier.

Die storie
Die Wittebrood is ‘n liefdesverhaal wat so effe wankelrig begin. Lucas Malherbe en Klara Bester verskil soos dag en nag, maar is versot op mekaar. Klara hou daarvan om in beheer te wees en dis waarom sy nie kan verstaan hoekom Lucas haar nie wil sê waarheen hulle gaan vir hulle wittebrood nie. Hy beloof ‘n vakansie in die paradys wat sy nooit sal vergeet nie, totdat dinge skielik skeef begin loop…

WILDLIFEDrama op ware gebeure gegrond
Riana Scheepers sê haar drama is op ware gebeure gegrond. “My man was kort ná hierdie gebeurtenis in die Okavango, en het eerstehands met die mense daar gesels oor wat gebeur het. Dit was ‘n Duitse wittebroodspaartjie, maar ek het dit natuurlik ‘n Afrikaanse paartjie gemaak. Kan jy jou indink hoe daardie huwelik begin het?”

Luister hier na ‘n klankgreep uit die produksie:

Hoe Christelle Webb-Joubert in die regisseur-stoel beland het
In 1996 het Christelle Webb-Joubert as tweede jaar dramastudent by Tukkies ingeskryf vir die heel eerste RSG Sanlam radiodrama-skryfkompetisie. Sy het die tweede plek behaal met haar radiodrama, Het ek ‘n keuse?, wat gehandel het oor aborsie.

Die drama is uitgesaai en Christelle skryf sy onthou hoe teleurgesteld sy was toe sy dit die aand op radio gehoor het. “Dit was nie hoe dit in my kop geklink het nie. Die rol van die seuntjie is vertolk deur ‘n man en die akteurs het nie geklink soos ek wou hê hulle moes klink nie. Daardie aand het ek myself beloof dat ek eendag ‘n regisseur van radiodramas gaan wees, sodat ek die stories kan laat klink soos ek wil hê dit moet klink.”

Presies 20 jaar later het Christelle die geleentheid gekry om regisseur te wees van Die Wittebrood, geskryf deur Riana Scheepers. “ Ek het soveel pret gehad! Dis ‘n wonderlike storie, die akteurs is uiters bekwaam, ek en die tegniese span het soos ‘n glad geoliede masjien saamgewerk en ek is baie tevrede met die eindproduk. My en Riana se paaie het al ‘n paar keer gekruis en nie net bewonder ek haar as skrywer nie, maar is ook gek oor haar as mens.”

Die spelers
Anrich Herbst en Elma Postma vertolk die hoofrolle en Archie Nhlapo is vir die eerste keer te hoor in Afrikaanse radioteater. Hy speel gewoonlik in Engels vir ons susterstasie SAfm. Die ander spelers is Marelize Engelbrecht, Nina Marais en Ivan Zimmmerman.
Hierdie is nie jou gewone liefdesverhaal nie.

Die spelers: Van links is Nina Marais, Marelize Engelbrecht, Ivan Zimmerman, Elma Postma, Christelle Webb-Joubert (regisseur), Anrich Herbst en Archie Nhlapo.

Die spelers: Van links is Nina Marais, Marelize Engelbrecht, Ivan Zimmerman, Elma Postma, Christelle Webb-Joubert (regisseur), Anrich Herbst en Archie Nhlapo.

Van links: Anrich Herbst, Archie Nhlapo, Marelize Engelbrecht, Elma Postma, Ivan Zimmerman en Nina Marais met Christelle Webb-Joubert (regisseur) voor.

Van links: Anrich Herbst, Archie Nhlapo, Marelize Engelbrecht, Elma Postma, Ivan Zimmerman en Nina Marais met Christelle Webb-Joubert (regisseur) voor.

 

 

 

Kategorieë