Ella se Perde takel pure taboes


Die verhaal speel af in die Hermanus-Hawston omgewing en is gebaseer op die lewe van ‘n lesbiese boer, Ella Gordon Dove Colston, wat nie soseer ‘n stryd oor haar seksualiteit gestry het nie, maar oor godsdiens-beginsels.

Ella buite by die muur wat sy self gebou het

Ella buite by die muur wat sy self gebou het

Ella en haar lewensmaat Clara op die stoep by Karwyderskraal

Ella en haar lewensmaat Clara op die stoep by Karwyderskraal

Die bekroonde dramaturg, Charles J Fourie, het die Skotse vrou se agtergrond mooi verweef met Eerwaarde Shaberg, ‘n Duitse sendeling van Genadendal. Hy het op ‘n hele paar verrassings afgekom toe hy op haar oudag haar testament kom opteken het.

Die drama word onder regie van Johan Rademan uitgesaai. Juanita Swanepoel (Ella Gordon), Johan Nel (Eerwaarde Schaberg) en Andre Samuels (Ferdinand Rosant) lewer uitnemende spel in die RSG Kunstefees 2014.

Ella by die perdekar

Ella by haar perdekar

Ella se perde-begraafplaas by Karwyderskraal

Ella se perde-begraafplaas by Karwyderskraal