As jy Tussen stasies misgeloop het…


henriette fowlerWyle Henriette Fowler was die wenner van een van die eerste Flinkdink-reekse. Sy is egter in Junie vanjaar in die ouderdom van 71 jaar oorlede, nie lank nadat sy haar doktorsgraad in die regte cum laude aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf het nie.

Haar radiodrama, Tussen stasies, is op Donderdag 17 Desember om 20:00 postuum uitgesaai nadat haar familie ingestem het.
As jy dit misgeloop het, luister hier daarna.

Santie is die verantwoordelike een van ‘n tweeling wie se ouers in ‘n motorongeluk gesterf het. Sy moet Rika, wat breinbeserings opgedoen het in die ongeluk, letterlik oppas. Hulle bly by haar tante, Wanda, en Santie moet Rika teen Wanda se dranksugtige, wellustige minnaar, Henk, beskerm.

Wanneer Santie  nie meer weet watter kant toe nie, klop sy by hul goedhartige buurvrou, Antie Lisa, aan. En later ook by ‘n vorige buurvrou, Hester. Maar uiteindelik beraam sy ‘n plan met verreikende gevolge.

Die rolle word vertolk deur Ilse Klink, Christine Voorendyk, Marina Coetzee, Heidi Mollentze, Anrich Herbst, Rina Nienaber, Johny Klein en Jana Radcliffe.

Tussen stasies is deur die regisseur Mari Snyman opgevoer.

RSG se eerste Radioteater-seisoen vir 2016 begin op Donderdag 7 April wanneer die wendramas van die RSG Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie 2015 uitgesaai word.

Kategorieë