Nagrit-riller is op ‘n ware verhaal gegrond


Nagrit na Keetmanshoop is op ‘n ware nagmerrierit in 1982 gegrond. Regisseur Renske Jacobs skryf meer oor dié radiodrama wat Donderdag 5 November om 20:00 uitgesaai is.

As jy dit misgeloop het, klik hier om te luister.

Nagrit na Keetmanshoop‘ val so reg in my kraal. Toe ek dertien jaar gelede by RSG begin het, het ek vir sewe jaar lank elke Saterdagnag/Sondagoggend saam met die deurnagluisteraars spookstories vertel tydens die deurnagskof wat ek tussen middernag en 5 uur hanteer het. Ek sou ‘n storie voorlees en dan het ek die lyne oopgemaak sodat die mense hulle eie kan vertel. Soms was dit ‘n storie wat jou hare laat rys het, en soms was die vertelling so vergesog dat jy nie kon help om te lag nie. Toe ek uiteindelik klaarmaak met nagskof was ons almal baie spyt dat die spooksessies ook nou iets van die verlede is.

Met ‘Nagrit na Keetmanshoop‘ keer ek dus terug na my gunsteling genre. Maar hierdie keer is dit nie ék wat die storie vertel nie. ‘n Span bekwame akteurs gee lewe aan die karakters wat Christoff Blaauw vir sy debuutdrama geskep het, en dis hulle wat die storie van die nagmerrierit in 1982 uitbeeld, teen die agtergrond van die grensoorlog, toe reeds in sy 16de jaar. Hierdie is n spookstorie vir veral die manne – die wat daardie tye kan onthou sal die gebruik van die weermag terme en deurlopende verwysings na die oorlog, waardeer.

Luister na ‘n klankgreep uit die drama:

Ennio Moricone se klankbaan van die 1968 rolprent: ‘Once Upon a Time in the West’ word as temamusiek gebruik, en dit skep die perfekte agtergrond vir die gebeure wat op die uitgestrekte vlaktes van die Namibwoestyn afspeel.

Vars talent is ingespan vir hierdie produksie – die bedrewe verhoog- en televisie akteurs, Pieter Bosch Botha en Cobus Venter maak hulle Radioteater debuut. Die ander rolle word vertolk deur Kaz McFadden, Donovan Pietersen, Martin Jansen, Julie Strijdom en Jacques Bosch. Die byklanke is Evert Snyman Jnr se handewerk en Bongi Thomas hanteer die tegnies.

Van links bo kloksgewys: Die Span - Jacques Bosch (Poena), Renske Jacobs (regisseur), Evert Snyman (byklanke), Kaz McFadden (Korporaal Basjan), Martin Jansen (Oom Bert), Cobus Venter (Sersant Willem), Pieter Bosch Botha (Shaun), Julie Strijdom (Tant San), Donovan Pietersen (Konstabel Booyse) en Bongi Thomas tegnies)

Van links bo kloksgewys: Die Span – Jacques Bosch (Poena), Renske Jacobs (regisseur), Evert Snyman (byklanke), Kaz McFadden (Korporaal Basjan), Martin Jansen (Oom Bert), Cobus Venter (Sersant Willem), Pieter Bosch Botha (Shaun), Julie Strijdom (Tant San), Donovan Pietersen (Konstabel Booyse) en Bongi Thomas tegnies)

Hier is ‘n kort video wat tydens die opname geneem is:

 Renske Jacobs en Martin Jansen

Renske Jacobs en Martin Jansen

Cobus Venter, Donovan Pietersen en op die agtergrond Kaz McFadden

Cobus Venter, Donovan Pietersen en op die agtergrond Kaz McFadden

Cobus Venter, Kaz McFadden en op die agtergrond Martin Jansen

Cobus Venter, Kaz McFadden en op die agtergrond Martin Jansen

 

 

Kategorieë