Luister Donderdagaand na die bakleiery oor ‘n laaste rusplek


RSG se Tweede Radioteater-seisoen strek tot einde Desember. Luister Donderdagaande om 20h00.

15 Desember: Met een voet in die graf deur William Oosthuizen
Oosthuizen se Met een voet in die graf  bekyk ‘n klein gemeenskap se bakleiery oor ‘n laaste rusplek.

Regie: Ronél Geldenhuys

Ander dramas wat op jou wag in RSG se tweede radiodramaseisoen vir 2016

22 Desember: Die sneeuman deur Cecilia du Toit

Kort voor Kersfees volg Cecilia du Toit se Die sneeuman, ‘n eietydse verhaal met ‘n sterk Kerstema. Die wenner vanjaar se RSG Cordis Trust Christelike Radiodrama-skryfkompetisie word op Kersdag uitgesaai.

‘n Seun met Down sindroom word op ‘n Vrystaatse plaas deur sy ouma en oupa grootgemaak. Elke jaar verbeel hy hom dat sy pa, wat hy nog nooit ontmoet het nie,met Kersfees daar gaan opdaag. Dié spesifieke Kersfees hou hy vol dat sy pa ook saam met hom ‘n sneeuman gaan bou. Wanneer daar dan wel ‘n man sy opwagting op die plaas maak, word die grootouers veral met verlies en pynlike herinneringe gekonfronteer.

Die drama handel o.a. oor vooroordele, veral a.g.v. onkunde en dan ook oor vergifnis.

Dit is in Kaapstad opgevoer onder leiding van Joanie Combrink en die spelers is Susanne Beyers, Johan Esterhuizen, Leon Kruger en De Klerk Oelofse.

25 Desember: Kersdrama

Die wendrama sal aangekondig word.

Regie: Helena Hugo

29 Desember: Voos geskaaf deur Joe Kleynhans
Die jaar word op Donderdag 29 Desember afgesluit met Joe Kleynhans se Voos geskaaf, ‘n lig, komiese radiodrama oor verhoudings.

Regie: Evert Snyman

Hier is die volledige skedule:

DATUM TITEL SKRYWER REGISSEUR OPMERKING TEMA
6 Okt Reisiger na Kimberley Dolf van Niekerk Margot Luyt Gewilde skrywer skryf ná 34 jaar weer Liefdesverhaal
13 Okt Littekens Karien Polley Johan Rademan Geskiedenis.Op die waarheid gegrond? Anti-apartheid
Wraak/vergifnis
20 Okt Amadeus Sir Peter Shaffer Margot Luyt ARGIEF

Shaffer is 90

Oorlede op 6 Junie 2016
27 Okt Die tikmasjien Pirow Bekker Bettie Kemp Gewilde skrywer skryf weer Waterkwessies
3 Nov Die wittebrood II Riana Scheepers Christelle Webb-Joubert Gewilde stuk by luisteraars Opvolg
10 Nov Sjarrap en eet jou kos! Ilné Fourie Eben Cruywagen Opdrag Komedie
17 Nov RSG Kunstefees

Pous Johanna II

Esther Vilar Mark Graham “American Popess” vertaal Saartjie B. Geloof in die moderne wêreld
24 Nov

 

Dagboek van ‘n Wurm Martyn le Roux Renske Jacobs Gesinsdrama Bemagtiging
1 Des Dag van die Reuse Pieter Pieterse

André Kotzé

Leon van Nierop Wyle Pieter Pieterse is 80 Jeugdrama

Natuurbewaring

8 Des Onopgeloste saak Barbara McArthur Mari Snyman Nuwe skrywer Speurverhaal
15 Des Met een voet in die graf William Oosthuizen Ronél Geldenhuys Komedie Gemeenskap
22 Des Die sneeuman Cecilia du Toit Joanie Combrink Gesinsverhaal Kerstema
25 Des Kersdrama Wenner Helena Hugo Wenner van Cordis Trust kompetisie Kersdrama
29 Des Voos geskaaf Joe Kleynhans Evert Snyman ARGIEF Lig komies

 

Radioteater word van Oktober elke Donderdag om 20:00 op RSG (100 tot 104 FM) uitgesaai. Die radiodramas word Maandagoggend tussen 01:00 en 02:00 in Deurnag herhaal.

As jy die vorige dramas in die seisoen misgeloop het, lees verder.

6 Oktober: Reisiger na Kimberley deur Dolf van Niekerk (Tema:Liefdesverhaal)
the-big-hole-kimberley-south-africa-2dolfvanniekerkDie Radioteater-seisoen begin op Donderdag 6 Oktober om 20:00 met die 87-jarige Dolf van Niekerk se Reisiger na Kimberley. Dit is Van Niekerk se eerste nuwe radiodrama in sowat 34 jaar. Sy vorige radiodrama, Niemand se dag nie, is in 1982 geskryf en opgevoer.

Van Niekerk word beskryf as een van die invloedrykste skrywers in die groep wat bekend gestaan het as Sestigers. Hy het reeds in 1950 as radio-omroeper en vervaardiger begin werk. En sy roman, Haasvanger, is met onder andere die MER-prys bekroon

Reisiger na Kimberley is die verhaal van ‘n soekende jong vrou wat verskeur word deur emosionele bande met mense en omgewings. Haar dogter, haar man, vader en jeugminnaar stel almal hul eie eise en verwagtinge en in die proses raak haar behoeftes verward en verwater.

Mia van der Merwe, ‘n gr. 9-leerling van Somerset-Wes, debuteer in hierdie radiodrama in die rol van die jong Annelie. Van der Merwe het vroeër vanjaar aan die Nasionale Toneelspelkompetisie vir hoërskoolleerders deelgeneem en is toe saam met ander finaliste in die kompetisie gekies om ‘n radiorol te vertolk.

Margot Luyt is die regisseur van die Van Niekerk-drama en die ander spelers sluit in Roeline Daneel, Deon Lotz, Ivan Abrahams en Stian Bam.

Regie: Margot Luyt.

Luister hier na die drama.

13 Oktober: Littekens deur Karien Polley (Tema: Wraak en vergifnis)

stell1

stell2

victoriastreet
Karien PolleyKarien Polley se nuwe radiodrama handel oor ‘n groep studente in die jare 70 aan die Universiteit van Stellenbosch.

Daar is ‘n spioen in hul midde en hoewel die liefde blom, is daar emosionele letsels wat dekades later nog bestaan, al het die maskers geval.

Is dit op die waarheid gegrond?

Regie: Johan Rademan

Littekens

 

20 Oktober: Amadeus deur Sir Peter Shaffer, vertaal deur Nerina Ferreira

mozart
amadeus
Sir Peter Shaffer, wat vanjaar sy 90ste verjaardag gevier het en in Junie oorlede is, verleen ‘n klassieke geur aan die nuwe seisoen. Shaffer se tydlose en Tony-bekroonde Amadeus (vertaal deur wyle Nerina Ferreira) oor die komponiste Wolfgang Amadeus Mozart en Antonio Salieri word ook uitgesaai.

650x366

Regie: Margot Luyt.

27 Oktober: Die tikmasjien deur Pirow Bekker (Tema: Waterkwessies)

pirowbekker-1Bekker se Die tikmasjien, wat op Donderdag 27 Oktober gehoor kan word, is ‘n ode aan water en neem die luisteraars terug na die era toe boormasjiene en boormanne die land deurkruis het op soek na water. Met die huidige droogte in Suid-Afrika is hierdie ‘n roerende, menslike verhaal wat tot alle Suid-Afrikaners sal spreek.

Sedert sy digdebuut Die klip sing in 1965 verskyn het, het Pirow Bekker nog nooit ophou skryf nie. En daar was ‘n wye verskeidenheid. Naas gepubliseerde digbundels het kortverhaalbundels, enkele romans en ‘n novelle verskyn.

Daar was ook verhoogdramas en ‘n hoorspel, Die vertoning moet voortgaan, wat in versamelbundels verskyn het. Sy hoorspel oor Clara Schumann getiteld Herberg by die brug is ‘n klompie jare gelede in die radioreeks “Meesterdramas” uitgesaai.

Daarom is dit heerlik dat hy nou weer Die Tikmasjien nader getrek het en ‘n Radioteater geskryf het oor iets wat lewenslank so deel van sy vesel is: water.

Bekker se Die Tikmasjien debuteer op Donderdag 27 Oktober om 20:00 op RSG, met onder andere die sanger-akteur Robbie Wessels in die rolverdeling.

Die soeke na water, die diepe afhanklikheid en die daaglikse besef van die lewegewende kwaliteite daarvan, veral teen ‘n landelike agtergrond, word in hierdie veelfasettige drama met sy poëtiese inslag aangeroer.

Na sy geboorte (in Desember 1935) op Smithfield in die Suid-Vrystaat het Bekker se ouers verhuis na die plaas Draaifontein, neffens die Winterhoekberge in die Oos-Kaap waar hy as laerskoolkind reeds begin versies skryf het. Sy eie drie kinders het jare later ook die plaaslewe geken met Doornhoek aan die Vaalrivier , wat 23 jaar lank in hulle besit was en gedien het as inspirasie vir die Pirow-gedigte “Doornhoek” en “Afskeid van Doornhoek”.

Oylmpia tikmasjienMet die radiodrama, Die Tikmasjien, probeer hy ‘n verband lê tussen die tikmasjien en die waterboormasjien. Albei soek na water – die boormasjien regstreeks, die tikmasjien onregstreeks met die skep van lewe deur die woord. Water is immers lewe.

Albei is ou eksemplare: ‘n klassieke Olympia-handmodel tikmasjien en sy eweknie ‘n Star-boormasjien.

Die liefde speel ‘n prominente rol, veral die ontluikende liefde tussen twee jongmense. Maar die liefdesdraad kan ook verknoop raak en die boor- en tikmasjiene in wapens verander. Op die wyse raak dit ook ‘n spanningsverhaal.

Die drama beweeg dus op die vlak van die realistiese maar fantasie en ook die absurde speel daarop in – uiteindelik ‘n ode aan water.

Die 80-jarige digter-skrywer se Herberg by die brug is in 1991 met ‘n Artes-prys bekroon vir beste radiodrama-teks, maar Bekker is ook bekend om radiodramas soos Dis die haan en Die vertoning moet voortgaan.

Regie: Bettie Kemp.

3 November: Die wittebrood II deur Riana Scheepers
okavango

riana-scheepersRiana Scheepers (foto regs) se uiters gewilde radiodrama, Die wittebrood, is ‘n ongewone liefdesverhaal oor die wankelrige begin van ‘n verhouding na die troudag. Dié radiodrama is in Mei vanjaar op RSG uitgesaai, maar die einde het luisteraars laat kopkrap… Almal wou weet: wat het toe régtig van Lucas en Klara geword.

Hulle was op hul wittebrood in die Okavango, maar hulle was teen einde van die eerste drama nie gered nie.

Op versoek het Scheepers toe Die wittebrood 2 geskryf, wat op Donderdag 3 November om 20:00 in Radioteater gehoor kan word.

Luister hier na Die wittebrood 2.

Elma Postma (onder andere bekend as Dezi van 7de Laan) en Anrich Herbst vertolk weer die hoofrolle.

In die eerste drama was Klara die josie in toe Lucas haar na die Okavango geneem het vir ‘n romantiese wittebrood. Uit die staanspoor het dinge skeefgeloop en toe hul toergids “verdwyn”, wou almal weet of die paartjie ooit gered is?

Vir drie dae moet Lucas en Klara noodgedwonge in ‘n omgewing vol paradyslike skoonheid, maar terselfdertyd lewensgevaarlike omstandighede, probeer oorleef. In die tyd dat hulle wag op ‘n moontlike reddingspoging, gestroop van enige denkbare gerief of kos, kom die verskille in hulle persoonlikhede, asook elkeen se sterk én swak punte, dramaties na vore. Hulle bevraagteken hulle verhouding en wonder of daar vir hulle ‘n toekoms saam is. Die tradisionele geslagsrolle word omgekeer, en hulle leer hulleself en mekaar werklik ken. Dit is ‘n tydperk wat bepaal of hierdie trauma die einde van hulle huwelik beteken, of dalk ‘n nuwe begin…

Luisteraars wat die eerste radiodrama misgeloop het, kan dit steeds op potgooi luister. Besoek www.rsg.co.za en klik op Radioteater.

Christelle Webb-Joubert is die regisseur van Die wittebrood 2 ­- ‘n roerende storie oor liefde, die wilde ranke én groei van ‘n verhouding asook die hoop op ‘n nuwe lewe. Die akteur Archie Nhlapo is weer as Wakhiri te hoor.

In die video hieronder verduidelik regisseur Christelle Webb-Joubert hoe die drama aanmekaar gesit word.

Regie: Christelle Webb-Joubert

10 November: Sjarrap en eet jou kos! deur Ilné Fourie (Tema: Komedie)

19ec78cDie Vrystaatse dramaturg en aktrise Ilné Fourie (foto links) sorg vir komiese lafenis met haar solostuk, Sjarrap en eet jou kos!, wat deur Eben Cruywagen vir die radio verwerk is.

In hierdie bekkige stuk steek Fourie die draak met die mense wat sy as kelnerin bedien het. Daar word geskinder, geklets, gekloek en natuurlik gekoek en tee… tot die luisteraar skaterlag. ‘n Dag in die lewe van ‘n kelner is alles behalwe koek en konfyt!

Hier is ‘n uittreksel:
“Goeienaand! Ek is Ilne Fourie, julle kelner vir die aand, so as julle enige iets nodig het vra my gerus en ek sal my bes probeer om julle so vinnig as moontlik te help, skree net as julle iets wil hê, ek het regtig niks beter om met my tyd te doen nie, ek bedoel ek is mal daaroor om heeldag tussen mense rond te hardloop, en gelukkig met my splinternuwe bunions voel ek dit glad nie meer as my skoene my tone druk nie! Ek is gek daaroor om borde wat vuurwarm is vas te hou en telepaties met jou te kommunikeer en jou te vra om jou handsak, jou smartphone, jou wetwipes, jou nuwe Oakley-sonbrille en YDE beursie en jou pragtige gedroggie se tandering, se taaierige gesmelte roomys en Spiderman-action figure van die tafel af te haal sodat ek jou bord kan neersit sonder om my vingers te verloor! Ek is nie regtig bly om julle weer te sien nie… Infact het ek heimlik gebid julle gaan vanaand Spur toe, want vandag het ek nie a taste for life nie – ek is moeg, ek het 8h vanoggend laas geeet, dit is Prieska, dit is warm – in kort – wat is vandag julle special – Mevrou, ons special vir vandag is GATVOL, KEELVOL en BOGGEROL….soek u dit met room of roomys, warm of koue melk?

Foto: Netwerk24

Foto: Netwerk24

Sharrap, en eet jou kos! is ‘n komiese eenvroustuk waarin Fourie die draaksteek met kliënte wat sy bedien het as kelnerin die afgelope jaar. Elke karakter word met kleur en geur vertolk, stories word vertel, daar word geskinder, geklets, gekloek en natuurlik gekoek en tee tot jy sal skater van die lag. In Fourie se tipiese vertelstyl kry die kyker ‘n indiepte kykie van wat agter die skerms…of sal ‘n mens liewer sê skinkborde gebeur! Hier is ‘n tip – moenie dit misloop nie!”

Regie: Eben Cruywagen

 

17 November: Pous Johanna, met Jana Cilliers
jana-cilliers-pous-johannaHierdie drama, ‘n vertaling deur Saartjie Botha van American Popess, word as deel van die RSG Kunstefees 2016 uitgesaai.

Regie: Mark Graham

Klik hier om meer te lees oor die drama, en na ‘n video-onderhoud met Jana Cilliers te kyk.

dagboekvanwurm-01-124 November: Dagboek van ‘n wurm deur Martyn le Roux
Martyn le Roux se Dagboek van ‘n wurm is ‘n gesinsdrama.

Regie: Renske Jacobs

Klik hier om meer te lees oor die drama, die skrywer en die spelers.

1 Desember: Dag van die reuse deur Pieter Pieterse (Tema: Jeugdrama/natuurbewaring)

olifante
pieter_pieterseelephant_trunkWyle Pieter Pieterse se jeugroman, Dag van die reuse (1985), is in opdrag van RSG deur André Kotzé in ‘n radiodrama verwerk en word deur Leon van Nierop opgevoer. Pieterse was ‘n bobaas-storieverteller, skrywer en TV-aanbieder van programme soos Swerwerskos. Dag van die reuse handel oor ‘n jong, Portugese seun se verhouding met ‘n olifant en sy verbete stryd om die dier se lewe te red. Meer as drie dekades later spreek hierdie storie oor bewaring en ‘n liefde vir die natuur steeds tot die luisteraar.

Regie: Leon van Nierop

 

8 Desember: Onopgeloste saak deur Barbara McArthur (Tema: Speurverhaal)

magnifying glass over a blue digital print

McArthur se Onopgeloste saak is ‘n volbloed-speurverhaal wat die luisteraar enduit gaan laat kopkrap.

Daar is al heelwat bespiegel hoekom mense ander vermoor, veral hoekom hulle reeksmoordenaars word. Dit is ook dikwels die geval dat die moorde elke keer op presies dieselfde manier gepleeg word, en dat daar ‘n duidelike motivering daarvoor is. En wanneer ‘n reeksmoordenaar uiteindelik vasgetrek word, kan dit soms toegeskryf word aan ‘n klein fout wat begaan is.

Die drama is in Johannesburg opgevoer deur Mari Snyman. Die oorspronklike idee is voorgelê deur Barbara MacArthur.

Spelers is Louise Eksteen, Anton Schmidt, Elma Potgieter, Anton Dekker, Christo Compion, Johny Klein en Hannes Coetzee.

Elma Potgieter

Elma Potgieter

Anton Dekker

Anton Dekker

Johny Klein

Johny Klein

Bekende reeksmoordenaars

Die reeksmoordenaars met die meeste slagoffers – meer as 30 bewese slagoffers –  is van Colombië, Equador, Brasilië, Rusland, China, Indonesiê, VSA, Suid-Afrika, Irak en Egipte. Suid-Afrika het 7 reeksmoordenaars wat skuldig bevind is aan die moorde op meer as 15 slagoffers elk en nog 7 wat minder as 15 mense vermoor het. Een van die 14 reeksmoordenaars – Boetie Boer –  is kaukasies. Moses Sithole is bo-aan die lys van reeksmoordenaars met meer as 38 slagoffers. Hy staan bekend as Suid-Afrika se Ted Bundy.

Ted Bundy - VSA

Ted Bundy. Hy het moontlik meer as 100 mense vermoor. – VSA

Die Green river killer -

Gary Ridgway, die Green river killer, wat moontlik meer as 90 vroue vermoor het. Hy het skuld op 71 moorde beken – VSA

Moses Sithole, die Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar wat minstens 38 mense vermoor het.

Moses Sithole, die Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar wat minstens 38 mense vermoor het.

Stewart Wilken, ook bekend as Boetie Boer, het tussen 1990 en 1997 meer as 10 jong seuns en prostitute doodgemaak, ook sy eie dogtertjie.

Stewart Wilken, ook bekend as Boetie Boer, het tussen 1990 en 1997 meer as 10 jong seuns en prostitute doodgemaak, ook sy eie dogtertjie.

Kategorieë