Ons Kersdrama


Fransman was in 1997 die eerste wenner van die RSG Sanlam-radiodrama-skryfkompetisie met sy drama, Om te bedel, is ‘n kuns. Dieselfde karakters wat in hierdie drama hul buiging gemaak het, kom in ‘n Kersspel virrie kind voor. Hulle is die Kaapse bergies Miester Brand, Myra en Bekkies

Die bergies probeer ‘n Kersspel aan die gang kry en die luisteraars word met terugflitse geneem op ‘n reis tussen die hede en die Bybelse verlede.

Die spelers sluit in Royston Stoffels (wat ook die mondfluitjie speel), Theresa Cloete, Ilse Oppelt, Johan Esterhuizen, Danie Botha, André Samuels, Quentin Krog en Adriaan Botha.

Die regisseur is Eben Cruywagen.

Luister hier na die Kersdrama.

 

Kategorieë