Ontmoet ‘Mina’


Sy het luisteraars gaande en soms in trane met haar vertolking van Mina in Die Verdwyning van Mina Afrika. Sy is sprankelend en net so mooi soos wat Mina beskryf word. Ontmoet die stem agter Mina Afrika; ontmoet Simoné Benjamin.

Simoné Benjamin, wat die rol van Mina vertolk in die gewilde radiodrama Die Verdwyning van Mina Afrika.

Simoné Benjamin, wat die rol van Mina vertolk in die gewilde radiodrama Die Verdwyning van Mina Afrika.

Simoné is ‘n gebore Bredasdorper. Sy is die dogter van wyle mnr. Gavin Benjamin (oud-Skoolhoof van Albert Myburgh SSS) en mev. Wilderine Benjamin (tans ‘n opvoeder by Agulhas Vaardigheidskool).

Luister hoe lekker gesels sy met Ettienne Ludick op Middag op RSG:

Lees en luister na luisteraars se reaksie op die vervolgverhaal.

Op Bredasdorp en Stellenbosch op skool
Sy het haar skool-loopbaan by Babbel en Krabbel begin, daarna Suidpunt Voetjies. Daarvandaan het sy haar grondslagfase by De Heide PS voltooi (Graad 1 tot Graad 3) en by Bredasdorp LS aangesluit het waar sy haal laerskool-loopban voltooi het (Graad 4 tot Graad 7). Sy was graad 8 en 9 by Bredasdorp HS en het haar hoërskool-loopbaan by die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch voltooi, waar sy Drama as vak geneem het en haar passie begin het.

Simoné Benjamin

Simoné Benjamin

Studeer aan US
Sy het haar studies in Drama aan die Universiteit van Stellenbosch voortgesit waar sy ‘n Honneurs-graad in Drama verwerf het. As student was sy baie betrokke by die reelings vir die Woordfees en het ook by die Oude Libertas Amfiteater in Stellenbosch gewerk, asook by die Fugard Teater in Kaapstad.

Net ná haar studies het sy vir ‘n teater-maatskappy gewerk op Opvoedkundige interaktiewe drama wat in lyn is met die CAPS kurrikulum van die WKOD -AREPP for Life.

Sy het al in verskeie produksies opgetree onder leiding van bekende regiseurs soos Marthinus Basson, Antoinette Kellerman en Susanne Beyers. Sy het al programme gedoen vir SABC 3, KYKNet en E-tv, en tans is sy besig as hoofkarakter in ‘n radio drama vir RSG.

Meer oor Die Verdwyning van Mina Afrika
Die verdwyning van Mina Afrika (geskryf deur Zuretha Roos en verwerk deur Eben Cruywagen) onder leiding van die regiseur Margot Luyt, lê vir Simoné na aan die hart. Sy vertolk die rol van Mina, ‘n bruin dogter van een van die plaaswerkers wie se ma sterf met haar geboorte en sy word dan deur die plaas boer en sy vrou grootgemaak. Hierdie verhaal konfronteer die politieke toestand van die laat 1940’s to 1960’s in apartheid Suid Afrika. Die dui ook die uitdagings aan vir beide die paartjie se keuse om Mina in hul huis te neem, asook vir Mina wat in ‘n wit huishouding grootword. Die storie reflekteer Mina se eie struikelblokke met identiteit, “sense of belonging” asook die wrede realiteite van “violence against women” veral vroue uit minderheidsgroepe. Tog word al hierdie realiteite gebuffer deur die liefde en omgee van die mense naaste aan haar. Sy ontdek haar eie passies en talente en ons volg haar in hierdie storie in haar reis om te ontluik in ‘n jong volwasse vrou. Dit is ‘n storie wat daarop dui dat ‘n mens jou gawes moet gebruik en nie moet toelaat dat lewensomstandighede jou onderkry nie.

Aangesien Simoné self ‘n jong meisie van die platteland is, leef sy haar werklik in hierdie verhaal in. Simoné se passie is drama en ook die ontwikkeling van die kunste veral by jong mense. Sy werk tans as die “Corporote Social Investment Coordinator” van Distell wat baie fokus op die ontwikkeling van die kunste. Sy is elke jaar betrokke by die Fleur du Cap toekennings vir uitmuntende spel in drama.

Sy vertrek binnekort na die Verre Ooste nadat sy ‘n werksaanbod daar aanvaar het.