RATELS = 300 n.u.n


Ratels se 300ste episode is die naweek opgeneem.

Leon van Nierop, skrywer en regisseur van die gewilde vervolgverhaal vir jongmense, skryf só oor die mylpaal:

Ons was gister gelukkig genoeg om episode 300 van Ratels in die SAUK te vier.
Way to go, ouens! Dankie ook RSG.

Hier is die rolverdeling met die klomp nuwelinge, sommige nog in die skool, sommige pas op universiteit, en drie van hulle in Ballade vir ‘n Enkeling Film @balladefilm#‎moeniedinkniedoennet

Soos die spelers weet is dit ‘n moewiese groot werk om elke episode op te neem, dit neem soms 90 minute om dit reg te kry per episode.  Dankie vir julle geduld met my en ongelooflike harde werk.

Dankie ouens, julle ruk!

ratels

Heel links met die koel houding: Evert Snyman Jnr (byklanke) en in die boonste ry: Francois van Rensburg (Vincent, omroeper in eie reg) Schalk Vorster, my regterhand op bank al vir 40 jaar, dankie Skallie! nuweling Jaco Snyman as Neels, Casper Lourens as rugbyspeler Handre, en dan voor links Lelia Etsebeth (Tracy) Leon van Nierop, skrywer, regisseur, Luan Jacobs (die onvergelyklike Loekie, hy speel ook in Ballade) Saskia Pocock (Mienkie) Christopher van der Westhuizen (ook in Ballade die film) en natuurlik Armand Aucamp van Ballade-faam as Gustaf Jonker, die besielende onderwyser.