RSG en Cordis Trust bevorder WEER geestelike radiodramas


RSG bied weer vanjaar in samewerking met die Cordis Trust ‘n kompetisie vir geestelike radiodramas aan. Cordis Trust is ‘n liefdadigheidsorganisasie wat die Afrikaanse woordkuns bevorder en het besluit om die beste Kers- en Paasdramas te bekroon.

Die RSG / Cordis Trust Christelike radiodrama-skryfkompetisie is vir beide Kers- en Paasdramas en die wenner in elke kategorie ontvang ‘n kontantprys van R5 000. Sou die wendramas geskik wees vir uitsending, sal dit ook op Kersdag 2015 en op Goeie Vrydag 2016 op RSG uitgesaai word. Die wen-skrywer sal ook met die uitsending van sy/haar radiodrama betaal word.

Cordis Trust is deur Fanie Marais ingestel ter nagedagtenis aan sy oorlede dogter wat ‘n passie vir die woordkuns gehad het.  Cordis is die Latynse woord vir: “Uit die hart-uit.” Marais sê dat hy hierdie radiodrama-kompetise vir godsdienstige of geestelike werke sien as een van die oogmerke van die trust om geleenthede te bied aan begaafde skrywers wat nie andersins geleenthede sou kry om in hierdie genre te skryf nie.

Fanie Marais, stigter van die Cordis Trust

Dr. Fanie Marais, stigter van die Cordis Trust

Met die eerste kompetisie het André Kotzé se Kersbestemming en Fred Charly se Terugreis skoonskip gemaak.
Luister gerus na die vorige wendramas:
Kersbestemming
Terugreis

Die sluitingsdatum vir vanjaar se kompetisie is Vrydag 16 Oktober. Die handleiding, kompetisiereëls asook die inskryfvorm is op RSG se webblad beskikbaar by rsg.co.za

Die wenners sal teen die einde van November op RSG aangekondig word.

Vir meer inligting, kontak Flip Loots by by tel. 012 998 2389, of rig ‘n e-pos aan flip@triplemproductions.co.za.

 

 

Kategorieë