Siembamba: Luister hier na dié riller-drama

Siembamba: Luister hier na dié riller-drama


Die jong aktrise skitter in Marion Erskine se riller. Hier is meer agtergrond-inligting en ‘n kykie agter die skerms tydens die produksieproses.

Siembamba debuteer op Donderdag 26 Mei om 20:00 in RSG se Radioteater.

Luister hier as jy dit misgeloop het.

Die storie
Die agtjarige Elri is haar ouers, Bertus en Rentia, se enigste kind en haar pa se oogappel. Hy sal enigiets vir haar doen. Maar Bertus en Rentia weier om te aanvaar dat hul huwelik op die rotse is en op ‘n heel eienaardige manier bevind Elri haar in die middel van hierdie stryd.

Oor die skrywer
Marion Erskine se radiodrama, Siembamba, is ‘n dolle, emosionele reis wat die luisteraar uiteindelik na ‘n bekende landmerk in die Oos-Kaap neem waar hierdie riller en moderne tragedie op ‘n bittersoet manier eindig.

Erskine is ook die skrywer van Donatello en Volksie, destyds beskryf as die eerste “chick-lit”-roman in Afrikaans wat deur ‘n man geskryf is. ‘n Paar jaar later volg sy radiodrama, As die donker die son insluk. Margot Luyt was die regisseur van dié debuut-radiodrama wat met ‘n ATKV Mediaveertjie as beste radiodrama bekroon is.

Die spelers
Gretha Brazelle, André Stolz, Eloise Cupido, Duncan Johnson en die tienjarige Pearl Martin vertolk die rolle. Martin het haar radiodrama-debuut in Riana Scheepers se ‘n Lang, lang nag beleef.

So klein dat sy op ‘n kassie moet staan. Pearl Martin (voor) met Andre Stolz links agter; Gretha Brazelle regs agter; Duncan Johnson en Eloise Cupido. Die span agter in die 'dooie ateljee' waar al die buitetonele opgeneem word.

So klein dat sy op ‘n kassie moet staan. Pearl Martin (voor) met Andre Stolz links agter; Gretha Brazelle regs agter; Duncan Johnson en Eloise Cupido. Die span agter in die ‘dooie ateljee’ waar al die buitetonele opgeneem word.

Andre Stolz en Pearl Martin. Gretha Brazelle en Renske Jacobs op agtergrond. Daar is vooraf eers tyd geneem om gemaklik in die atlejee te raak.

Andre Stolz en Pearl Martin. Gretha Brazelle en Renske Jacobs op agtergrond. Daar is vooraf eers tyd geneem om gemaklik in die atlejee te raak.

Andre Stolz en Pearl Martin. Repetisie.

Andre Stolz en Pearl Martin. Repetisie.

Renske Jacobs en Pearl Martin. Regisseur in aksie.

Renske Jacobs en Pearl Martin. Regisseur in aksie.

Renske Jacobs, Andre Stolz, Gretha Brazelle en Pearl Martin. Vooraf bespreking van storie en karakters.

Renske Jacobs, Andre Stolz, Gretha Brazelle en Pearl Martin. Vooraf bespreking van storie en karakters.

Duncan Johnson. Berei voor vir volgende toneel.

Duncan Johnson. Berei voor vir volgende toneel.

Andre Stolz, Gretha Brazelle, Duncan Johnson en Pearl Martin. En aksie!

Andre Stolz, Gretha Brazelle, Duncan Johnson en Pearl Martin. En aksie!

Die regisseur
Volgens die regisseur, Renske Jacobs, het Martin dit reggekry om twee jaar jonger as haar eie ouderdom te speel en dimensie aan haar karakter, die agtjarige Elri, te gee. “Sy het die hele tyd gefokus en regisseursnota’s sonder moeite aanvaar en uitgevoer.”

Jacobs sê dit is opwindend om met ‘n nuwe geslag radio-akteurs te werk. “Daar moet meer geleenthede vir kinders in radiodrama geskep word, want dit is ‘n uitsonderlike ervaring om reeds op ‘n jong ouderdom met jou stem te kan woeker. Daar is min dinge so lekker as om vir radio te speel.”

Jacobs was ook die regisseur van Bloedlyn, wat vroeër vanjaar vir ‘n ATKV Mediaveertjie benoem was.

Onthou!
Radioteater word elke Donderdag om 20:00 op RSG (100 tot 104 FM) uitgesaai. Die radiodramas word Maandagoggend tussen 01:00 en 02:00 in Deurnag herhaal.

 

Kategorieë