Sluit die jaar af met Die ideale minnares


Die jaar word op ‘n vrolike noot afgesluit met Niel Steenkamp se Die ideale minnares. Dit word op Donderdag 31 Desember om 20:00 uitgesaai.

Het die romanse jou huwelik of verhouding verlaat? En hoop jy heimlik dat ‘n minnaar of minnares die nodige sprankel sal terugbring?

Die ideale minnares ondersoek hierdie tydlose dilemma in ‘n radiodrama wat die perfekte vakansievermaak bied.

Wyle Evert Snyman en Marina Coetzee vertolk die romantiese hoofrolle.

‘n Vrou soek hulp nadat haar motor onklaar geraak het. ‘n Barmhartige man bied haar ‘n saamry-geleentheid, hoewel hulle mekaar sommer uit die staanspoor met ‘n vonkel in die oog aanskou. Die avontuurlike kennismaking lei tot ‘n verrassende slot wat die luisteraar heeltemal onkant gaan betrap.

Van die ander spelers sluit in Altus Theart, André Stolz, Antowan Nöthling en Anton Dekker.

Die regisseur is Bettie Kemp.

Die ideale minnares was ook een van die finaliste in die RSG Sanlam-radiodrama-skryfkompetisie vir 2012.

  • RSG se eerste Radioteater-seisoen vir 2016 begin op Donderdag 7 April wanneer die wendramas van die RSG Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie 2015 uitgesaai word.
Kategorieë