Wendrama ‘Vergifnis’ ontlok groot luisteraarsreaksie

Wendrama ‘Vergifnis’ ontlok groot luisteraarsreaksie


2015-RSG/SANLAM Radiodrama Skrywerskompetisie Wendrama – Vergifnis deur Charles J Fourie

Luister hier na die drama:

Die luisteraars se reaksie was verstommend en uiters positief, en meer as ooit ná ‘n drama. Kyk onder.

Muriel, ‘n ouerige vrou, kom woon op Touwsrivier. ‘n Jong werker help haar in die tuin en steel haar beursie, omdat hy ook graag iets luuks en lekkers by die vulstasie wou gaan koop om te eet. Hy spandeer ‘n nag in die tronk, en Muriel trek die saak van diefstal teen hom terug, mits… Wie is dié eksentrieke vrou en hoekom het sy op Touwsrivier kom aftree?

In Vergifnis lei Muriel ‘n protesoptog van Touwsrivier na die Parlement in Kaapstad. Die jong man wat haar in haar huis beroof het, het ingestem om haar in die rolstoel na Kaapstad te stoot waar sy die toenemende misdaad en gebrek aan werksgeleenthede vir jongmense onder die regering se aandag wil bring. Tydens hul reis sluit al hoe meer mense by hul aan en word dit ‘n kleurvolle optog vir verandering.

charles j. fourieDié “ode aan vergifnis in ‘n land waar ons daagliks sukkel met die toepassing daarvan” is ‘n boeiende, filmiese verhaal wat terselfdertyd snaaks én roerend is. Die beoordelaars beskryf dit as “betowerend”.

Soos die Hollywood-rolprent Forrest Gump het die twee hoofkarakters ‘n skare wat hulle volg, ‘n element wat aan hierdie drama sy epiese bekoring besorg.

Victor Hugo se klassieke Les Misérables dien as katalisator vir Fourie se wendrama. Die regisseur Johan Rademan gebruik ook temamusiek uit Les Mis gekontrasteer met ‘n stukkie Afrikaanse flair waaraan die Hoërskool Durbanville se skoolkoor meegedoen het in die opmars parlement toe.

Fourie is onder andere die skrywer van die radiodrama Offer, wat met die Akademie vir Wetenskap en Kuns se erepenning vir radiohoorspele in Afrikaans bekroon is.

Die akteurs in die rolverdeling is Amor Tredoux, Jarrid Geduld, Charl van Heyningen, Roelien Daneel, Zenobia Kloppers, Wessel Pretorius en Leandé Valentyn met Rademan in die regisseurstoel.

Vandeesweek se Radioteater volg om 20:30 vanweë die regstreekse uitsending van Distrik 6 Klassique van die Suidoosterfees, wat reeds om 19:30 begin.

Radioteater word Maandagoggend tussen 01:00 en 02:00 in Deurnag herhaal.

IMG-20160419-WA0001

Spanwerk! RSG se akteurs en regisseur in die RSG Drama-ateljee in Seepunt, tydens die opname van die prestige wendrama, Vergifnis. Vlnr: Johan Rademan (regie), Zenobia Kloppers (Liesbet), Amor Tredoux (Muriel), Charl van Heyningen (Herman), Liandè Valentyn (Elsie), Wessel Pretorius (Herman),Roelien Danee l(Sandra) en Jarrid Geduld (Gallie)

20160419_152435

Jarrid Geduld (Gallie) en Amor Tredoux (Antie Muriel) Die 2 spelers oor wie die storie in Vergifnis deur Charlers j Fourie gaan.

Wessel Pretorius(Eben) is die joernalis in die wendrama van die 2015 RSG/SANLAM Radiodrama Skrywerskompetisie; Vergifnis deur Charles J Fourie.

Wessel Pretorius (Eben) is die joernalis in die wendrama van die 2015 RSG/SANLAM Radiodrama Skrywerskompetisie; Vergifnis deur Charles J Fourie.

Die luisteraars se ongelooflike reaksie. Hier is ‘n fraksie van die reaksie:

  • Uitstekende regie en roerende storie. Baie dankie.
  • Uitmuntend! Eindelik n ,,goedvoel-storie. Meer as dit. Sulke positiewe stories elke dag gaan ons land verander na n sonskynland!
  • Die teater distrik 6 en rolstap is puik volpunte en komplimente
  • – Wereldklas! Kiepevellen op mij armen en rillings over m rug.
  • Die storie is baie goed ma my vraag is wat maak iemand so n storie skryf want daar kom baie wonde daar uit baie hier van.
  • As almal soos. Muriel. Greef en. Gallie. Arendse kon wees sou die paradys n wonderlike plek gewees. Het. Uitstekend! Briljant en n. Godgewe storie van egte waarheid. Baie baie geluk. Vergifnis is die antwoord op almal se vrae..
  • Wat wonderlike en realistiese storielyn. rsg is tops.
  • Jitte wat n pragstuk! Welgedaan Johan Rademan en al die akteurs.
  • Ek dink dit moet die no 1 wenner gewees het. Genade was goed MAAR. . . . . . . . . Vergiffenis was tops! baie geniet Dankie R. S. G.
  • Ongelooflik! Inderdaad n wenner!
  • Dankie Charles J Fourie jy het vanaand ons weet gewys wat dit is om te vergewe! Johan Rademan tien uit tien.
  • Ek het nie woorde nie. Dis ongelooflik goed. Die musiek 8s so passend. Hele drama uitmuntend. Baie dankie.
  • Briljant. Eenvoudig allles is briljant
  • Vernuftig in elke opsig.
  • Een woord . . . PUIK!
  • puik dis pragtig
  • Wat n ongelooflike boodskap. Eks in trane
  • Al wat ek kan se Trane het gevloei baie geluk aan d skrywer. 100%
  • Ai tog nee man johan hoe loop die trane nou Pragtig Kosbaar laat ons dit toepas
  • Alles onverbeterlik.
  • Radiodrama was aangrypend!!! Uitstekend verweef met die pragtige musiek!
  • skitterend wow wow wow alles was wonderlik. ek moes vraestelle merk — nie een gemerk nie. !!!! Wel gedaan Johan en sy span
  • WOW!!!! My asem opgehou!!!! Puik! Rolverdeling was perfek!! Musiek was perfek. Dankie vir ongelooflike verhaal.
  • Mag ons almal so op tree, en die musiek:Goddelik,
  • Dit was manjifiek, onverbeterlik.
  • Roerend, uitstekend; teks, musiek en alles. Dankie.
  • Vergifnis: PRAGTIG in alle aspekte. Verdien wenprys
  • Dit was ongelooflik. Mag almal in die land na die drama gekyk het. Ons het almal vergifnis nodig.
  • Die drama was fantasties. Alles het so goed bymerkaar gepas! Johan mag maar!
  • Hartroerend
  • Pragtig !!! Hou so aan..
  • Absolute briljante storielyn, asook spel.
  • Naand x Marchel n dai drama het my nou onder trane gehad
  • Sjoe!!! Wat kan ons nou se? Alles hier die beste ooit, geluk Johan Rademan!
  • Mooi so Johan Geluk
  • Vergifnis: uitstaande. wens ons almal wil die extra myl vir ons land stap letterlik en figuurlik.
  • Wat n pragtige drama!!!! Het dit soo geniet.
  • RSG DRAMA AWSOME
  • VERGIFNIS – Wonderlik! Laat mens dink.
  • Vantasties
  • Vergifnis was uitstekend. Alle aspekte.
  • Dit was n uitsonderlike mooi verhaal. Vertrou dat daar meer sulke verhale uitgesaai sal word
  • Uitstekend! Vergiffenis. Musiek as agtergrond baie gepas en regte atmosfeer geskep. Geluk.
  • Dit was hartroerend en in SA het ons dit nou so bitter nodig!!!!!Dankie RSG,jul is die beste. . . . . . JOHAN alles was uitstekend!!!!
  • Wendrama – BETOWEREND! Stemme, musiek, net ALLES! So jammer vir diegene wat nie radio luister nie! Grt
  • PUIK! Puik ! PUIK !
  • Pragtig !! Het my diep aangeraak !!!
  • Wendrama – briljant. Musiek pragtig. Welgedaan.
  • Die afgeloe drama, Vergifnis, was pragtig. Musiek was net so mooi. Baie geluk Johan en span. RSG is en sal altyd die beste wees.
  • Aangrypende en broodnodige tema. In die kol rolverdeling. Mens het die hele reis self beleef.
  • Fantastiese luistergenot Musiek insetsels baie geniet Puik spel
  • DT WAS HARD ROEREND
  • Briljant!!!
  • Uitstenend alles was wonderlik het hartseer geword op die einde hou so aan Johan en RSG.
  • Twee van my seuns (7 en 14), het saam geluister en dit net so boeiend soos hul ma gevind.
  • Ek kan niks uitsonder nie. Die hele drama was net uitstekend. Dit laat mens baie diep grou in jouself.
  • Dit was n aangrypende verhaal wat wys dat daar steeds bands is wat generasies en gesinne bind. Vergifnis in n neutedop. Uitmuntende spel
  • Sjoe dit was geheel en al uitstekend. Ek wil ook inskryf, maar hoe handhaaf n leek so n standaard. Uitstekend. Dankie.
  • Manjifiek. Ek, n groot man , is in trane. Encore!
  • Vergifnis – kan so baie harte raak! Versoening, liefde en respek is wat ons nodig het om n wen land te wees! Pragtig gedoen!
  • Puik radio teater met n ware boodskap
  • Uitstekend! Was skoon in trane! Dankie Rsg.
  • Absoluut hartroerend, tik tussen die trane deur. . . . maar die einde is bietjie hangend gewees, asof daar n klimaks gekort het. . . .
  • Aandoenlik huil
  • n Puik drama. Musiek byvoeging ongelooflik. Ek het die drama vreeslik geniet, miskien omdat dit steeds relevant is.
  • Goed, maar verlede week se Genade was n wenner! Is moeg vir optogte en swaar dra aan die verlede wat ons terughou om te vorder!
  • Baie geniet. Musiek pragtig.
  • Di storie Vergifnes was hart vrskeurend. was skoon in trane. Dis als uitstekend . en di musiek. bai danki.
  • Radio teater: Joe! Ongelooflik goed. Baie geluk!:
  • Dit was een van die mooiste dramas wat ek in my 63 jaar van luister na RSG gehoor het. Baie dankie!!
  • Dit was vantasties, alles puik. Stemme het ge pas. Die musiek het honderd present ingepas. Beste storie wat ek nog ooit ge hoor het. Het so gehuil, was ingrypend. Baie dankie
  • Absoluut puik, verdien om te gewen het! Die musiek was baie goed ingewerk. MOET in ander tale oorgeklank word. . . .
  • Vergifnis was n deernisvolle hoorspel met uitstekende regie. Die keuse van musiek het die tema briljant ondersteun. Afrikaans lewe!!Baie dankie.
  • Roerend! Puik! Behoort weer en weer uitgesien te word.
  • Ek le hier in my bed met trane in my hele gemoed. Pragtig,hartseer,hartroerend,rigtingwysend. . hoop..
  • Daai verhaal is hardroerend dus n bewys moet kan vergewe dan sal die here jou paaie gelykmaak
  • Pragtige radioteater, Bravo aan almal betrokke! Die ekstra dimensie wat d musiek gegee het het d stuk verryk.
  • Dit Was Een Van Die Mooiste Stories Ooit Vergifnis Is Wat Ons Nodig Dankie Rsg Ek Sit Met N Knop In My Keel Job Well Done Bless You
Kategorieë